WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel
Lees meerAlles vir Vrydag 20 Januarie 2017
Regstreeks: Donald Trump ingehuldig
Donald Trump word vanaand (Suid-Afrikaanse tyd) ingehuldig as Amerika se 45ste president. Kyk dit regstreeks hier.
Bejaarde op Pta-kleinhoewe vermoor
Die liggaam van ʼn 77-jarige man, wat alleen op kleinhoewe noord van Pretoria gewoon het, is Vrydagmiddag sowat 800 meter van sy huis af in ʼn veld aangetref.
ToekomsVenster: Die bediening van versoening
Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hul oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.
Gru-botsing eis sewe
Sewe mense is Vrydagmiddag in ʼn botsing in Krugersdorp aan die Wes-Rand dood.
SA hokkie se pad na 2018 Wêreldbeker begin Vrydag
Die Suid-Afrikaanse hokkiespanne begin Vrydagaand in Hartleyvale, Kaapstad, met die opdraande pad om vir aanstaande jaar se Wêreldbekerhokkietoernooi te kwalifiseer.
So ry die trein
Maar op die foto langs haar, sit Dimpie met sy skewe glimlag, lam arm, een long, en breinskade, en hy lyk gelukkig, skryf Herman Lategan.
[Resep] Karameltoffies
Ietsie lekkers vir die week wat voorlê. ʼn Mens kort soms ʼn bietjie ekstra energie …
‘Hart vol dankbaarheid’, sê Amor ná springmat-ongeluk
“Die dokters was skepties omdat die belangrikste ligamente, weefsel en senuwee afgesny is deur die impak [van die val].”
[Video] Vrou binne 40 sekondes gekaap
ʼn 42-jarige vrou is vandeesweek voor haar motorhuis binne 40 sekondes gekaap.
Egpaar, dogter (11) tydens huisroof geskiet
Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat ʼn man, sy vrou en hul 11-jarige dogter al drie Maandagaand geskiet is tydens ʼn rooftog by hul huis in Muldersdrift aan die Wes-Rand.
Video: ‘Seepglad’ ook nou op ShowMax
Jy het nou al die verskeie wêrelde en die intriges van sepie-karakters leer ken, maar nou geekykNET se nuwe sitkom, Seepglad, jou die geleentheid om die wêreld agter die skerms van ’n gewilde sepie te leer ken. Seepglad is ook nou op ShowMax beskikbaar.
‘Leeuman’ in hof
Mark Scott-Crossley, die man wat deur die Limpopo-polisie gesoek is nadat hy glo verlede maand ʼn man omgery het, het Vrydag in die Lenyeye-landdroshof naby Tzaneen in Limpopo op ʼn aanklag van poging tot moord verskyn
Vreedsame protes vir Afrikaans by Maties beplan
Die stryd om die behoud van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit Stellenbosch (US) word in die volgende dae opnuut voortgesit.
Seun (3) sterf in huisbrand
ʼn Driejarige seun is dood nadat ʼn brand Vrydagoggend by sy ouerhuis aan die Oos-Rand uitgebreek het.
Video: Bekendes vertel: Vir dié geleentheid dra ek bloedrooi skoene
Verskeie bekendes het Donderdag op die glanstapyt by Cedar Square in Randburg by die fliekpremiѐre van Hoener met die rooi skoene vertel vir watter geleentheid húlle ʼn paar rooi skoene sal dra.
Watter rol wil China in die wêreld speel?
Terwyl binnelandse uitdagings die Chinese regering nog vir lank gaan besig hou, sal een van die belangrikste internasionale vraagstukke van 2017 moet handel oor die toekomstige rol van China in vrede en in konflik en tot watter mate veral Westerse lande nou reeds daarvoor moet voorberei.
[Foto’s] Besetters ‘vat vir hul erwe’ in Modimolle
Die polisie is op die toneel waar besetters tans vir hulself erwe op munisipale en private grond langs die R101 by Modimolle (Nylstroom) in Limpopo uitmeet.
Boer Hennie en Jacobu ‘onverwags, onbeplan maar amptelik’
Net toe kykers van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou hul monde behóórlik oor die negende reeks se manne wat “g’n vrou gesoek het nie” uitgespoel het, het boer Hennie en Jacobu talle aanhangers van dié reeks Donderdag aangenaam verras.
Nuuskommentaar: Verskroeide aarde en brandstigting
Ons leef nie verniet in die era van die post-waarheid nie, en die sosiale media word flink ingespan om allerlei kluitjies oor die verwoestende brande in die Wes-Kaap te versprei.