Betogers en ondersteuners van die nuutverkose Amerikaanse president, Donald Trump, het Donderdagaand slaags geraak tydens ʼn geleentheid in Washington ter viering van sy inhuldiging.
Alles vir Vrydag 20 Januarie 2017
[Foto’s] ‘Verlamde’ rugbyspeler dans met sy bruid
“Dit was só emosioneel; ons was net ongelooflik gelukkig. Ons is steeds. Die Here het mooi na ons gekyk en ons is so dankbaar dat ons toe eindelik kon trou.”
Joost ‘veg verbete voort’
“Ons wou mense nie onnodig bekommer nie, want Joost veg nog verbete voort, so dis hoekom ons dit stil gehou het toe hy die suurstofmasjien moes begin gebruik. Ons verstaan egter mense is besorg oor hom en maak dit nou bekend.”
Botham se kleinseun trap in sy voetspore
Wanneer Wêreldrugby se sewestoernooi aanstaande naweek in Wellington, Nieu-Seeland begin, sal Sir Ian Botham se hart met ʼn punt trek.
Polisieklerk vas oor miljoene se ‘vervalste eise’
’n Finansiële administrasieklerk by die Sprinkbok-polisiestasie is in hegtenis geneem nadat hy vasgetrek is vir beweerde bedrog van R3,4 miljoen.
Man verdrink in see
ʼn Man, in sy 30’s, is dood nadat hy in die see by Virginia-strand, noord van uShaka Marine World in Durban, verdrink het.
Man kry doodsdreigemente oor hokfoto
Die polisie het gister die huis van Johan Erasmus besoek, die Oos-Kaapse man wat nou doodsdreigemente ontvang nadat hy ʼn vrou in ʼn hok agterop sy bakkie vervoer het.
Pta-man tydens huisroof doodgeskiet
ʼn 47-jarige man is Donderdagaand by sy huis in Pretoria doodgeskiet toe hy sy gesin teen ʼn groep rowers beskerm het.
Vandag se sportnuus
Die tweede gekeurde Novak Djokovic het sekerlik die grootste pak van sy lewe gekry.
Polisiekommissaris ‘gewalg deur mediasirkus’
Lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het gesê hy is teleurgesteld en gewalg deur die “mediasirkus” wat gister voor sy huis afgespeel het nadat ondersoekbeamptes van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) op die huis toegeslaan het.
Eiendomswaardeerder in hof oor ‘bedrog’
Mbali Ronalds Maclare (29), ʼn voormalige eiendomswaardeerder vir die Stad Johannesburg wat daarvan beskuldig word dat sy na bewering bedrieglike aanpassings en devaluasies van eiendomme gedoen het, het Donderdag in die hof verskyn.
As jy dit sien . . .
Politiek was nog nooit mooi nie, maar dit was lanklaas só interessant en selfs snaaks as vandag. PG du Plessis het eenkeer opgemerk dat dinge in ʼn verhaal soms so tragies word dat dit snaaks is, skryf Jaco Strydom.
Eskom-skuld: Minister kom tot munisipaliteite se redding
“Om die kragvoorsiening te sny het nie net ʼn impak op individuele belastingbetalers en munisipaliteite nie, dit kan ook rampspoedige gevolge vir besighede en dus ook werksgeleenthede inhou.”
Wat hou aandelemarkte vir 2017 in?
Voordat ons die vraag kan beantwoord, is dit nodig om kennis te neem van die teleurstellende algehele opbrengs van die binnelandse aandelemark die afgelope drie jaar, skryf Hannes du Preez.
Gedagte vir die dag: Liefde vir God bied ewige hoop
Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God isgetrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. (Hebreërs 10:23-24)