ʼn Polisiebeampte is Saterdagoggend dood nadat die polisievoertuig, waarin hy en drie ander beamptes gery het, in ʼn botsing met ʼn bus betrokke was.
Lees meerAlles vir Saterdag 21 Januarie 2017
Video: Wat die gewone oog nie kan sien nie…
Hetsy by die huis, flieks of ʼn karnaval, die volgende keer wat jy ʼn hand vol springmielies in jou mond prop, dink bietjie hoe dit sou lyk as die mieliepit van gedaante verwissel…
Ses sterf in skietaanval by huis
“Toe iemand die deur oopmaak, het hulle die huis ingestorm en op almal wat hulle gesien het, losgebrand.”
‘Verkragter’ vas aan die slaap in slagoffer se bed
ʼn 35-jarige man is aangekeer toe hy aan die slaap geraak het nadat hy glo ʼn 21-jarige vrou verkrag het.
Regsfonds om munisipaliteite, Nersa te laat pa staan vir Eskom-skuld
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ʼn uitgebreide strategie bekend gemaak oor die meer as R10,2 miljard se Eskom-skuld “wat onskuldige Suid-Afrikaanse burgers benadeel”.
Drie wat vrou glo voor hof ontvoer, vermoor vra dán vir borg
Drie mans, wat in hegtenis geneem is in verband met die ontvoering van en moord op ʼn vrou wat by ʼn Oos-Kaapse landdroshof vir haar man in hul motor gewag het, het Donderdag en Vrydag in hof verskyn.
Faerie Glen-moord: Naam van slagoffer bekend gemaak
Die 47-jarige man van Faerie Glen in die ooste van Pretoria, wat Donderdagaand by sy huis doodgeskiet is toe hy sy gesin teen ʼn groep rowers beskerm het, se naam is bekend gemaak.
Man met duisende rande se kreef gevang
ʼn 26-jarige man is Vrydag in Kaapstad in hegtenis geneem, nadat duisende rande se kreef en kreefsterte in sy besit gevind is.
Wes-Kaapse brande: AfriForum stel plan met agt wenke bekend
Die burgerregtewaghond, AfriForum, het Vrydag sy plan met agt wenke, na aanleiding van die ernstige brande in die Wes-Kaap, bekendgestel.
Bejaarde deur eie honde aangeval
ʼn 82-jarige man het Vrydag ernstige beserings opgedoen nadat sy twee honde hom aangeval het.
Vier sterf ná man ‘opsetlik’ in voetgangers inploeg
Die Victoria-polisie in Melbourne, Australië, het beklemtoon dit was nie ʼn terreur-aanval soos wat wyd bespiegel word nie.
Miller en Ngidi die uitblinkers in Proteas se T20-sege
Selfs in Vrydagaand se tref-en-trap T20-wedstryd in Centurion, wat weens reën tot tien kolfbeurte per span verkort is, was die tekens daar dat Sri Lanka ook dié reeks teen Suid-Afrika behoort te verloor.
Nóg ʼn bejaarde egpaar loop onder plaasaanvallers deur
Skaars ʼn dag nadat ʼn bejaarde egpaar op hul plaas in die Haenertsburg-gebied buite Tzaneen in Limpopo aangeval is, is nóg ʼn bejaarde egpaar Vrydagaand in die omgewing aangeval.
[Video] Trump nou amptelik in Withuis
“Ek sal vir julle veg en julle nie teleurstel nie. Amerika gaan weer wen en wen soos tevore. Ons sal ons grense, werk, rykdom en drome terugbring. Ons sal ons land herbou, met Amerikaanse hande en arbeid.”
Gedagte vir die dag: Draai jou wêreld om jou?
Aangesien julle die troos in Christus ondervind het … Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. (Filippense 2:1, 3-4)