“Meeste van ons kollegas in die bedryf wil altyd weet wat ons wenresep is om by alles uit te kom en nog steeds by ons gesonde leefstyl en oefenprogram te hou – dit is presies wat die tydskrif bevat, en meer,” vertel die musiekgroep.
Alles vir Donderdag 26 Januarie 2017
‘My kind sal volkome herstel’
Miané (2) het in November 2015 byna in ʼn opblaasswembad in Witbank (eMalahleni) verdrink.
FNB gaan eienaars van gesteelde sluitkissies vergoed
FNB het Donderdag bevestig dat hy in die proses is om kliënte te vergoed ná rooftogte by die bank se takke in Randburg, Parktown en Sunnypark in Gauteng in Desember.
Nóg beamptes vas oor lisensiekantoor-korrupsie
Nog amptenare by Johannesburg se twee lisensiedepartemente is Donderdag op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem.
SA man verdagte ná ‘koelbloedige’ moord op Britse man
Tony Kenway (39) is Dinsdag op ʼn “koelbloedige teregstellingswyse” vermoor.
Fees van die Europese regses
Marine le Pen, moontlik Frankryk se volgende president, het gesê met Brexit en Donald Trump se verkiesing tot Amerikaanse president is ’n nuwe wêreldorde ingelui. Maar is dit heeltemal so eenvoudig?
Vyf met SA bande in Amerika se groep vir ARK
Vyf spelers met Suid-Afrikaanse bande is ingesluit in die Amerikaanse Arende se groep vir die komende Amerikas-rugbykampioenskap (ARK) wat Woensdag aangekondig is.
Albei SA hokkiespanne kry pak in Kaapstad
Suid-Afrika se vroue- én manshokkiespan het Woensdag by die Internasionale Somerreeks in Kaapstad sleg daarvan afgekom. Die mans is 1-7 deur Nederland verniel en die vrouespan het hulle wedstryd teen China 2-5 verloor.
Kitsliga besleg bevordering by Luiperds
Vier Luiperdsklubs sal aan `n kitsliga deelneem om die besluit om bevordering van een van hulle tot die Luiperds-Griffons-oorgrensliga te vergemaklik.
[Video] ʼn Eerste kykie na Tobie Cronjé as Lafras Verwey
Die gewilde radiodrama en verhoogstuk deur die veelbekroonde skrywer Chris Barnard, Die Rebellie van Lafras Verwey, gaan op 7 April vanjaar die grootskerm tref.
Narkotiseur gevonnis oor 2-jarige ná operasie sterf
“Hoe kan hy so ligtelik daarvan afkom? Ons het gedink ons sal nou afsluiting kan kry.”
Die Triumph Bonneville T120: Onopgesmuk modern met klassieke karakter
Een ding wat as standaard kom, wat jy nie op die opsielys kry nie, is “karakter”. En die fiets het sommer ʼn stewige skep daarvan. Soos daardie skeppe wat ouma altyd geskep het. Jy plak dit nie net agterna aan nie; jy het dit of jy het dit nie, skryf Brian Cheyne.
ʼn Kykie na die Varsitybekerspanne se kanse
Daar is minstens vyf spanne wat ’n realistiese kans staan om as 2017-Varsitybekerkampioen gekroon te word. Die reeks skop Maandagaand af.
[Video] Werkers staak by Unisa
Lede van die National Education Health and Allied Workers Union (Nehawu) het Donderdag by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) begin staak nadat loononderhandelinge vasgeval het.
In diepte: Noordwes wil donkies teel vir China
Toe die Afrikaanse liedjieskrywer Chris Blignaut destyds die wondere van die donkie besing het, het hy sekerlik nie tablette, tonikums of strope in gedagte gehad wat van donkievelle gemaak word nie.
Nuuskommentaar: Was daar ANC-vuilspel met koverte verkiesingsoperasie?
Dit is noodsaaklik dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie nou reeds presies uitpluis wat feit, en wat fiksie is, oor ’n beweerde koverte (geheime) taakspan van die ANC om verlede jaar se verkiesing met gemene spel teen die DA en EFF te beïnvloed, en die ANC se agenda te bevorder.
Allister bly aan as afrigter (episode 16)
Sjoe, en daar staan dit toe Donderdagoggend swart op wit op die voorblaaie van die koerante en op webwerwe: Allister Coetzee sal vir eers as Springbokafrigter aanbly vanweë die vrese vir die minister van sport, Fikile Mbalula.
Zinde-verhoor reg vir hooggeregshof, ondanks ‘skisofrenie’
Mark Warona Zinde (23), wat verdink word van die moord op sy ma, Hope Zinde (50), se verhoor gaan eersdaags na die hooggeregshof verwys word, ondanks nuwe beweringe dat hy skisofrenie het.
‘Fica-wet wil ANC bankrot maak’
Mzwanele (Jimmy) Manyi, president van die Progressive Professionals Forum (PPF), het Woensdag gesê die Wysigingswetsontwerp op die Finansiële Intelligensiesentrum (Fica) is ’n komplot om die ANC “so bankrot soos die hel te maak” voor die nasionale verkiesing in 2019.
SA vlieënier, nog twee sterf in ongeluk
“Hulle was drie toegewyde en passievolle mense. Ons wil graag ons innige meegevoel betuig met die drie se geliefdes.”