Ek was nie oorspronklik Triton se grootste liefhebber nie. Die J-line-ontwerp van die kajuit het vir my vreemd gelyk – maar is baie meer suksesvol in die tweede rondte. ʼn Aggressiewe ontwerpstyl laat die nuwe Triton volwasse lyk en ek hou daarvan. Die Triton speel ook nie as dit kom by ʼn hindernisbaan nie, skryf Brendon Staniforth.
Alles vir Vrydag 27 Januarie 2017
kykNET Buite-ekspo neem Wes-Kaap op horings
Die gewilde kykNET Buite-ekspo word vanjaar weer in die Wes-Kaap aangebied ná verlede jaar se groot sukses. Met 15 710 besoekers het dit alle verwagtinge oortref en vanjaar word nog meer besoekers verwag.
Luckhoff-plaasaanvallers steeds op vrye voet
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde egpaar Donderdagmiddag op ʼn plaas in die Luckhoff-omgewing in die Vrystaat oorval en aangerand is nie.
Duitse troepe na Mali gestuur
Duitsland gaan nog soldate na Mali stuur as deel van die Verenigde Nasies (VN) se betrokkenheid in dié land.
Drie Muldersdrift-kleinhoewes in een nag geteiken
Die polisie ondersoek drie misdaadvoorvalle wat binne net meer as vyf uur op kleinhoewes in die Muldersdrift-gebied in Gauteng plaasgevind het.
[Resep] Tamatiesop
Ons is dankbaar vir elke druppel reën en hoop dit sous sommer die hele naweek lank. Hier is ʼn heerlike resep vir as dit in jou geweste ook nat en koel is.
SAUK-joernalis in gesig geskiet
“My kop was nog buite die motor en dit het ewe skielik gevoel of iemand my hard in die gesig slaan.”
Linkse onverdraagsaamheid en die opkoms van die nuwe verkramptes
Dit sal interessant wees om te sien na wie daar 50 jaar later as die verkramptes verwys word, skryf James Kemp.
Uitspraak in modelbaas-saak uitgestel
Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelagentskapbaas wat teregstaan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit, gaan nog ʼn ruk moet wag om sy lot te weet.
Muthambi ʼn twispunt in SAUK-besprekings
Of Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gedeeltelik aanspreeklik gehou kan word vir die gemors by die SAUK en of sy enige wette oortree het, het Donderdag ʼn twispunt veroorsaak toe LP’s oor die voorlopige verslag van die ondersoek na die openbare uitsaaier debatteer het.
Suid-Afrikaners sal steeds oorsee gaan speel
Die Nieu-Seelandse en Australiese rugbyunies oorweeg dit nou om hul gewig by van die ander lidlande in te gooi deur die trekvoëls se vlerke te probeer knip, maar dit sal steeds nie die uittog van spelers keer om hul loopbane oorsee voort te sit nie.
Vandag se sportnuus
Die Blitsbokke is môreoggend in die Wêreld 7’s-reeks in Wellington, Nieu-Seeland, in aksie.
Betogers storm Absa-bank binne
ʼn Paar honderd lede van die ANC-jeugliga het Donderdag buite die Absa-bank in Durban se sakesentrum betoog.
Hof hoor oor ‘moordenaar’ se vorige oortredings
Mzwandile Majosi (28), die man wat in hegtenis geneem is nadat ʼn polisiebeampte se liggaam in ʼn veld buite Kimberley gevind is, staan nou vir die vierde keer in sy lewe op ʼn strafregtelike aanklag tereg.
Miljoene rande se dwelms in roomhouers gevind
Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het binne 48 uur op meer as R8 miljoen se dwelms by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê.
Progressiewe vs. konserwatiewe geskiedenisbeskouing: Die pyl of die pendel
Konserwatiewes fokus op die bou van ʼn beter toekoms, sonder om die verlede weg te gooi, terwyl progressiewes se fokus gerig is op die afbreek van alles wat in die pad van die toekoms, waar die perfekte wêreld sal wees, staan.
Is 2017 die einde van die ‘Einde van die Geskiedenis’?
Daar lê interessante tye vir ons voor. Maar dat die einde van die “Einde van die Geskiedenis” aangebreek het, is ’n feit soos ’n koei, skryf Ernst Roets.
Gedagte vir die dag: Genade onbeskryflik groot
Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie. (Romeine 3:12)