Met sy insluiting in Brasilië se groep vir Vrydag se wedstryd teen Chili in die Amerikas-rugbykampioenskap is `n gebore en getoë Kapenaar die jongste toevoeging tot die langer wordende lys Suid-Afrikaners wat toetsrugby vir ander lande speel.
Alles vir die maand Januarie 2017
Varsitybeker: Reën kelder hardloopplanne
Die eerste ronde van die Varsitybekerreeks, wat grootliks op nat velde beslis is, het gewys dat die spanne die bal wil rondgooi – en dis sommer goeie nuus vir ondersteuners.
Saak teen KZN Valke-hoof wéér uitgestel
Die saak teen genl.maj. Johan Booysen en sy 25 medebeskuldigdes is Maandag in die Durbanse hooggeregshof vir die 13de keer uitgestel.
Gauteng-hospitale het nie meer sleutel kanker-middel nie
Die Demokratiese Alliansie het Maandag gesê hospitale in Gauteng het nie meer ʼn sleutel kankermiddel nie wat gebruik word om die doeltreffendheid van radiasiebehandeling teen servikale kanker te verhoog.
Politieke bande het Guptas se bankrekeninge gesluit
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Oakbay Investments se bewering, dat banke hul verhouding met die Gupta-beheerde maatskappy gesluit het omdat hy saamgespan het teen die familie, verwerp en gesê dit is eintlik hul politieke bande wat tot die besluit gelei het.
Laat ons toe om ‘oorlogkamer’ te ondersoek, sê ANC
Die ANC het Maandag tyd en ruimte versoek om bewerings van ʼn sogenaamde “oorlogkamer” te ondersoek wat teen Ignatius Jacobs, sy algemene bestuurder van Luthuli House aanhangig gemaak is.
Phiyega moet summier afgedank word
AfriForum dring daarop aan dat lt.genl. Riah Phiyega, geskorste nasionale polisiekommissaris, summier – en sonder ʼn goue handdruk – afgedank word.
Gauteng-motoriste gewaarsku oor vloede
Ismail Vadi, LUR vir vervoer in Gauteng, het motoriste Maandag gemaan om baie versigtig te bestuur, aangesien voortdurende reën sedert die naweek meeste provinsiale paaie oorstroom het.
Tienjarige glo deur vyf mans verkrag
ʼn Tienjarige seun is Sondag glo deur vyf mans in Thabong naby Welkom in die Vrystaat verkrag.
Bestuurder van bekende restaurant doodgeskiet
“Ons wil die gemeenskap graag bedank vir hul ondersteuning en ons kliënte laat weet dat hul veiligheid vir ons ʼn prioriteit is.”
EFF-lede in hof oor grondbesetting-uitsprake
Twee prominente leiers van die EFF in Mpumalanga het Maandag in die Witrivier-landdroshof verskyn nadat ʼn boodskap op Facebook geplaas is waarin mense aangemoedig word om grond te beset.
ToekomsVenster: Wie is dit wat roep?
Hierdie roepingsvisioen herinner ons daaraan dat ons behoort aan, en in diens is van Hom wat bevry het, verlos het en gekoop het.
Die wêreld in foto’s – 30 Januarie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Jong man verdrink by Sardiniabaai
Nadat daar vasgestel is dat die liggaam 500 m van die strand af is, het ʼn reddingsboot en swemmers verskeie pogings aangewend om die liggaam deur die rowwe branders te bereik.
Verlore pienk teddie wil huis toe gaan
Die verlore teddiebeer het vir 13 dae saam met Nederlandse toeriste in die Krugerwildtuin gereis, maar wil nou terug huis toe gaan.
SA se waterkrisis: Waterverliese, kundigheid dalk groter probleem
“Daar was nog altyd ʼn waternood, maar dit word komplekser. Daarom moet dit goed bestuur word.”
Ma deel hartseer ná kind (2) se dood
“Ek sê vir hulle daar is geen manier hoe julle vir my gaan sê my kind is dood nie. My kind lewe! Ek gaan nie nog ʼn kind begrawe nie. Ek gaan nie by nog ʼn graf staan en my hart onder ʼn hopie grond begrawe nie.”
Obama-nalatenskap lyk toenemend minder rooskleurig
Obama sal onthou word as ’n vriendelike, charismatiese leier, maar nie as iemand wie se visie en drome ooit werklikheid geword het nie, skryf Jaco Kleynhans.
[Foto’s] ʼn Eko-vriendelike troue
Groente as tafelversiering, ʼn heerlike eklektiese mengelmoes van oudhede en goedheid uit die grond.
Trouplek-eienaar doodgeskiet: ‘Ek het hulle gesmeek om hom te help’
“Ek het vir hulle gesê, ‘He is busy dying. Can I please help him?’ Toe sê hulle vir my, ‘Sit down motherf****r or we will kill you as well’.”