Ná die vierde been van die Wêreld Sewesreeks in Sydney is die Blitsbokke gemaklik voor op die punteleer.
Alles vir Dinsdag 7 Februarie 2017
[Resep] Toebroodjies met guacamole en eier
Die kombinasie van guacamole (avo-puree) en eier is propvol gesonde olies, proteïen en ander voedingswaarde. Kies volgraanbrood vir ekstra vesel en maak seker dis nie net ʼn verfynde stysel nie. ʼn Vars vrug en bakkie neute is die perfekte peuselhappie vir later deur die dag.
Joost se familie versoek privaatheid
“Joost het vir my die grootste geskenk van my lewe gegee, want hy was die pa van my kinders.”
Vier sterf in trompop botsing
Vier mense is Maandag dood en vyf beseer toe twee voertuie reg van voor gebots het naby Tzaneen in Limpopo.
Mpumalanga-polisieman skiet vyf mense
Drie van die slagoffers is dood en die ander twee gewond.
Frankryk: Nou regs teen links teen verregs
Het die Franse dieselfde waagmoed as die Amerikaners om vir verandering te stem?
Gedagte vir die dag: Daar’s hulp
Hulle wat opsien na Hom, sal straal van vreugde; op hulle gesigte is daar geen skaamte nie. (Psalm 34:6)