“Dit was ʼn splitsekonde, dalk selfs minder. Corné kon die angs op sy gesig sien en hy het sy instink gevolg.”
Alles vir Woensdag 8 Februarie 2017
Vier dood na hul uit voertuie geslinger word
Vier mense is dood nadat hulle tydens ʼn gru-botsing in Carletonville, in Gauteng, uit die voertuie geslinger is.
Martiens Bekker se blink plan
ʼn Mens kan maar net lekker lag oor die oor en weer-beskuldigings wat nou weer rondvlieg nadat die 51-jarige Adrian Gard uitgewys is as die man wat verlede jaar glo ʼn luistertoestel in die All Blacks se spankamer geplant het voor die Bledisloe-rugbytoets teen Australië in Sydney.
Ian se biefstuk-manifes
“Almal wat al Ian se biefstuk geproe het, vra hoe op aarde hy dit so heerlik in ʼn pan kan gaarmaak. Hier is sy manifes, wat ook werk vir braai oor die kole,” skryf Errieda du Toit.
Hof sê oor Madonna wat nog kinders wil aanneem
Die sangeres het ook vier ander kinders – twee aangenome kinders, David Banda en Mercy James, haar seun Rocco, uit haar huwelik met Guy Ritchie, en Lourdes, uit ʼn vorige verhouding.
Klante by Centurion-eetplek beroof, verdagte doodgeskiet
Maroela Media het by ʼn bron op die toneel verneem twee polisiebeamptes, wat nie aan diens was nie, het tydens die voorval daar geëet en een van hulle het glo die verdagte geskiet.
ʼn Liefde vir Jeffreysbaai
Skemertyd op die strand is die wolke dieselfde kleur as die berge in die verte: ʼn mistige pers.
Nuuskommentaar: FW en die stryd om Afrikaans
Die gereelde kritiek van FW de Klerk en die FW de Klerkstigting op die ANC, het onlangs kritiek van die ANC ontlok. Maar kan die Afrikaner sy belange legitiem bly opeis sonder dat die FW de Klerkstigting, as laaste bastion van die onderhandelinge van Afrikanerbelange by Kodesa, nie ook gesag daaraan gee nie?
Micaylen (14) se moordenaar gevonnis
“Nadat ek haar vermoor het, het ek haar in ʼn kombers toegedraai en met ʼn plafonbord bedek”
Speelgoedhondjie help visueel gestremde kinders met angs
Dr. Lisa Visagie het ʼn spesifieke angs-intervensieprogram vir Suid-Afrikaanse kinders met visuele gestremdhede ontwikkel, geïmplementeer en geëvalueer.
Vandag se sportnuus
Rusland het erken hul atelete en afrigters was skuldig aan grootskaalse opkikker-oortredings, maar gesê hulle is besig om dit uit te roei.
President ontplooi honderde soldate by staatsrede
“Dit moet gesien word as ‘n verklaring van oorlog teen die land se burgers.”
Nog drie vas ná Lephalale-boer se moord
Nog drie verdagtes is Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op Pieter Hendrik Pieterse (57), wat Maandag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Lephalale-distrik (Ellisras) in Limpopo, vermoor is.
Student se snikke word trane van blydskap
Wat staan mens te doen wanneer ʼn student al snikkend voor jou staan omdat sy nie haar klasgeld kan bekostig nie?
Seun kom op ma se geskende liggaam af
ʼn 25-jarige verdagte is Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met die gru moord op Tanya Wiers (45) van Eduanpark in Polokwane, Limpopo.
94 en 1994: Psigiatriese pasiënte se sterftes ’n druppel in ANC-emmer
Die dood van 94 psigiatriese pasiënte word tereg met reuse-verontwaardiging, woede en media-aandag begroet. Nog sterftes word verwag en dit is ’n yslike klad op die ANC se post-1994 bewind.
Boef aangekeer danksy liefde vir selfies
Twee mans wat twee jaar gelede op Kersdag ʼn gewapende roof uitgevoer het by ʼn huis in Montana, Kaapstad, is Dinsdag in die Parow-streekshof skuldig bevind op aanklag van roof met verswarende omstandighede.
Pleitooreenkoms ʼn moontlikheid in baba-porno-saak
Die Knysna-streekshof het Dinsdag gehoor ʼn pleitooreenkoms is weer op die tafel in die saak van ʼn man van Plettenbergbaai wat daarvan beskuldig word dat hy deel was van ʼn gruwelike babapornografie-netwerk.
Daar skuil meer agter EU as ideologie
Dit is vandeesweek (7 Februarie) presies 25 jaar gelede dat die stigtingsverdrag van die Europese Unie (EU) onderteken is. Dit het gebeur in die pragtige Middeleeuse middestad van Maastricht in Nederland en het sedertdien ’n beslissende invloed op die Europese geskiedenis gehad.
Gedagte vir die dag: Splinternuwe antieke woorde
Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie. (Psalm 119:18)