Die derde ronde van die Varsitybeker-kompetisie het Maandag nie net die Shimlas en die Pukke hulle onoorwonne status gekos nie, maar die Maties se ondersteuners weer breed laat glimlag. En Tuks bly onoorwonne.
Lees meerAlles vir Maandag 13 Februarie 2017
Dronk motoris bewusteloos agter stuur gevind
ʼn Dronk motoris wat Sondagaand in die middel van ʼn kruising in Table View, Kaapstad, sy bewussyn verloor het, moes letterlik deur verkeersbeamptes uit sy voertuig na veiligheid gedra word.
Verdagte ses jaar ná moord aangekeer
ʼn Man het Maandag in die Parow-streekhof verskyn in verband met die moord op Hester Roberts (70), wat meer as ses jaar gelede in haar huis in Monte Vista in Kaapstad vermoor is.
Paul O’Sullivan in hegtenis geneem
Die forensiese speurder Paul O’Sullivan is Maandagaand naby die kantoor van sy regsverteenwoordiger in Pretoria in hegtenis geneem.
‘Gesteelde’ transformator op ongelukstoneel gevind
Twee mans, wat Maandag kritieke beserings in ʼn motorongeluk opgedoen het, staan ook nou tereg op die aanklag van die besit van gesteelde goedere nadat ʼn elektriese transformator, wat vermoedelik gesteel is, op die ongelukstoneel gevind is.
Hieroor het Trump en Zuma gesels
Die presidensie het Maandagaand bevestig die telefoongesprek tussen pres. Jacob Zuma en Donald Trump, president van Amerika, het plaasgevind soos beplan.
Korrupsie by Tshwane-lisensiekantore ook ontbloot
Die Stad Tshwane sal binnekort beamptes by die stad se lisensiekantoor skors wat na bewering by verskeie korrupte bedrywighede betrokke was.
Makro-oorgrensliga sluit groot kanonne in
Vier van die grootste kanonne in Suid-Afrikaanse klubrugby neem vanjaar aan die Noorderbonde se Assupolreeks deel, wat sonder twyfel die grootste plaaslike oorgrensliga dusver is.
Man in hof wat glo plaaswerker doodskiet
Stefan Hepburn (39) het Maandag in die Modimolle-landdroshof in Limpopo verskyn nadat hy na bewering ʼn jong plaaswerker tydens ʼn jagongeluk doodgeskiet het.
Nóg ʼn aanval op KZN-plaas
ʼn Plaaslike buurtwag het Sondag in die vroeë oggendure ʼn vrou op ʼn plaas in die Hluhluwe-gebied in KwaZulu-Natal te hulp gesnel nadat sy vreesbevange gebel het om te sê drie onbekende mans het by haar huis ingebreek.
ToekomsVenster: Om hand op te steek
Here, ek wil meer van U sien en beleef, want dan sal ek dalk minder huiwer om te antwoord op u roepstem.
Vandag se sportnuus
Rafael Nadal het homself onttrek aan die week se Rotterdam Ope nadat sy mediese span aanbeveel het dat hy rus.
Student sit handsakdiewe kaalvoet agterna
“Ek het gevoel hoe ek letterlik lam raak van vrees. Ek het na daardie mes gekyk en gedink hy gaan my enige oomblik daarmee steek. Ek kan dit self nie verstaan nie, maar so bang as wat ek was, wou ek nog steeds nie my handsak vir hom gee nie.”
Woord van die week: wierook
Wat beteken dit om iemand “wierook toe te swaai”?
Swartrenosters naby aan uitsterf
Die swartrenoster is nou nader aan uitsterf as ooit tevore en indien daar nou ʼn siekte onder die spesie uitbreek, kan dit rampspoedige gevolge hê.
Ma vas ná sy baba in nek steek
ʼn 27-jarige ma is Maandag in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat sy glo haar babaseun (2) met ʼn skerp voorwerp in sy nek gesteek het.
Vra vir Susan: die belangrikheid van lees
My kind is in gr. 3. Hy sukkel vreeslik met lees. Hy sukkel baie om “b” en “d” te onderskei en lees baie hakkelrig.
Ma gooi baba uit brandende huis voor sy sterf
Die ma se liggaam is later op die boonste vloer van die huis gevind.
Pedofiel wat ‘jammer’ sê swaar gestraf
Warren Troy Knoop, wat skuld beken het op meer as 800 aanklagte teen hom, van onder meer kinderverkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie, is Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis.
Valke-baas vaar uit teen O’Sullivan oor ‘beweringe’
Lt.genl. Mthandazo Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, het Sondag uitgevaar teen die private ondersoeker Paul O’Sullivan te midde van bespiegelinge dat die Valke Vrydag ʼn klopjag op sy huis uitgevoer het nadat O’Sullivan ʼn verdoemende verslag oor die beweerde kaping van die strafregstelsel vrygestel het.