Sanral het Sondag gesê hy is nou op soek na ʼn nuwe oplossing vir die groeiende verkeerskrisis in die Wynland-gebied in die Wes-Kaap nadat sy mees onlangse aansoek om verlof tot appèl in die Wynland-tolsage Vrydag deur die konstitusionele hof geweier is.
Alles vir Maandag 13 Februarie 2017
Man (32) vas vir verkragting van agtjarige
Hy is Vrydag by die Jouberton-polisiestasie in hegtenis geneem nadat hy self daar opgedaag het om ʼn saak van aanranding, wat nie verband hou met die verkragtingsaak nie, aanhangig te maak.
Oom Herrie se kerrie: Van turksvye tot sjokolade
Kleintyd het een nefie te veel kaboemielies, skynbaar met doppe en al geëet, en ʼn ander te veel turksvye. Ek kan nie onthou watter nefies nie, net die gevolge.
Jongman sterf in jagongeluk: Moord nou ondersoek
Die saak van ʼn jong plaaswerker wat Saterdagaand tydens ʼn vermeende jagongeluk op ʼn plaas in Limpopo doodgeskiet is, is verander van strafbare manslag na moord.
Paul O’Sullivan-assistent vrygelaat
Sarah-Jane Trent (32), die toegelate prokureur en werknemer van die forensiese speurder Paul O’Sullivan wat Vrydag in Johannesburg in hegtenis geneem is, is Sondagaand laat uit aanhouding vrygelaat.
Verdagtes vas wat baba in kroeg ontvoer
ʼn Man en twee vroue sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hulle glo ʼn rol gespeel het in die ontvoering van ʼn baba in ʼn kuierplek.
Weerlig slaan man dood op sportveld
ʼn Jongman van die Oos-Kaap is op ʼn sportveld dood, nadat hy deur weerlig getref is.
Gedagte vir die dag: Kyk op
“Betwyfel julle wat Ek doen? Sê julle vir My wat Ek moet doen? Ek het die aarde gemaak en mense geskep om daarop te lewe. Met my eie twee hande het Ek die hemel uitgestrek. Al die miljoene sterre staan onder my bevel.”