Gaan Boerepresident Steve Hofmeyr ’n werklikheid word?
Alles vir Maandag 20 Februarie 2017
Hemelbesem: ‘God praat Afrikaans’
“As jy baklei het in Afrikaans, teleurgestel was in Afrikaans, liefde ontvang het in Afrikaans, ís jy Afrikaans. Ek probeer die brûe bou en vir mense wys daar is soveel verskillende stories, uit verskillende oorde, in Afrikaans,” sê Hemelbesem.
Agter die skerms van skoonheidskompetisie vir 60+
“Een vir een het die vroue voor die kamera ingespring en begin flankeer terwyl ek die foto’s neem.”
Stank lei tot donkievelle-vonds
Donkievelle ter waarde van miljoene rande is op ʼn kleinhoewe in die Brandvlei-omgewing buite Randfontein aan die Wes-Rand opgespoor.
Politieke versplintering na nuwe vlak gevoer in Nederland
Massa-immigrasie, terrorisme, die burokrasie van die Europese Unie en Nederlandse identiteit in ’n globaliserende wêreld kan oor die volgende vier weke tot ’n baie interessante politieke stryd in Nederland aanleiding gee.
Twee vas ná Stellenbosch-moord
ʼn Man en ʼn vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op Marie Verwey (80) verlede week in Stellenbosch.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 13 Februarie 2017
Karlien van Jaarsveld se liedjie, “Sing vir liefde”, betree die week se Top 20 in nommer 20. Dit is ook die mees afgelaaide Afrikaanse liedjie op iTunes die afgelope week.
Motorfietsklub verloor twee ryers minute uit mekaar
Sowat vyf minute hierna het nog ʼn botsing sowat 1,5 km agter die eerste ongeluk plaasgevind.
Maroela Motors-padtoets: Renault Kwid Dynamique dalk ʼn klein legende
Elke nou en dan kry ʼn motorvervaardiger dit reg om ʼn klein legende te skep. Dink in die lyn van Golf, Escort en Mini. Daai is ware legendes en het ʼn besonderse plekkie in baie mense se harte. Die Renault Kwid Dynamique het ook dié potensiaal, skryf Brendon Staniforth.
Bybels vir die Russe
Ons is Protestants, hulle Russies-Ortodoks, maar ons dien een Here. Geloof is die sterkste band wat ons oor grense bind.
Jong toeris sterf op Tafelberg
ʼn 19-jarige toeris van Ysland se liggaam is Sondagoggend deur ʼn voetganger op Tafelberg in Kaapstad aangetref.
[Video] Vriende ski deur Bloem se strate om reën te vier
ʼn Video van dié kaskenades versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media en is al meer as 18 000 keer gekyk.
Duitsland: meer van dieselfde politiek
ʼn Donald Trump, Marine le Pen of Geert Wilders is nêrens in Duitsland op die horison nie.
Boek: Megaboere
Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderneming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou.
[Video] Herrie oor ‘dieremishandeling’ by US-koshuis
Die voorval het Saterdag by die koshuis se sogenaamde “hoenderdag” plaasgevind.
Man vermis ná plaasaanval: ‘Ons raak elke uur meer desperaat’
“Ons ouers was onafskeidbaar en hul verhouding was iets om na te streef.”
ʼn Viering van vlytige handewerk
Spog met jou handwerk, van kralewerk tot leerkuns, en jy kan groot wen.
Vandag se sportnuus
Die Proteas het die eerste Eendagwedstryd van die reeks teen Nieu-Seeland gister in Hamilton gewen. Die wedstryd was beperk tot 34 boulbeurte weens reën.
Vier ‘spoedvrate’ vas
Die “spoedvrate” het onder meer aangevoer hulle is laat vir kerk en ʼn fietswedren.
Woord van die week: kattebelletjie
Weet jy wat ʼn “kattebelletjie” beteken?