ANC-LP Makhosi Khoza het Dinsdag bevestig sy skuif uit die parlement se staande komitee vir finansies, maar wou nie bespiegeling dat dié pos moontlik deur die voormalige Eskom-hoof, Brian Molefe, gevul sal word, bevestig nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 21 Februarie 2017
Pasgebore baba ure lank in reën gelos
ʼn Pasgebore babadogtertjie is Dinsdagmiddag gevind waar sy naby ʼn stadion in Witbank in Mpumalanga in die veld in die gietende reën gelos is.
‘Studente se drome in weegskaal’
Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum is vanjaar oorval met ʼn rekordgetal van meer as 5 000 aansoeke om studiehulp vir 2017.
Pecanwood-moord: Verhoor begin dán
Mark Warona Zinde, wat verdink word van die moord op sy ma, word ook apart aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, nadat hy in November verlede jaar na bewering sy pa by sy huis in Walkerville aangerand het.
Onwettige myners skuldig aan honderde aanklagte
Altesaam 22 onwettige myners is Maandag in die hooggeregshof in Virginia in die Vrystaat aan honderde aanklagte van onder meer geldwassery, rampokkery, betreding en oortreding van die Wet op Immigrasie skuldig bevind.
Ondersoek ná plaaswerkers verdrink
Die liggame van drie plaaswerkers, wat Sondag in die Noord-Kaap deur die Oranjerivier in vloed meegesleur is na swaar reën, is gevind.
Kolisi nuwe Stormerskaptein met Etzebeth sy adjudant
Die ervare Springbokflank Siya Kolisi sal die Stormers in vanjaar se Superreeks aanvoer, met die Bokslot Eben Etzebeth as sy adjudant.
ToekomsVenster: Wanneer Hy die verhouding tussen ons herstel
Here, U weet … U weet … U weet, ek het U lief. Amen.
Wat is op ‘n miljardêr se emmerlysie?
Branson het al talle uitdagings vir homself gestel: van uitmergelende wedlope tot seevaarte oor die oseaan en lugballonrenne oor lang afstande. Dié miljardêr is selfs in die proses om op ʼn ruimtevaart te gaan. So wat is volgende op Branson se emmerlysie?
Ixias val weer vas teen Shimlas en Mason
Die Ixias se treurmare in vanjaar se Varsitybekerreeks duur voort.
Die wêreld in foto’s – 21 Februarie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Die goeie (en slegte) nuus vir Afrikaans
Kan Afrikaans floreer as hy sy status as universiteitstaal verloor? Waldimar Pelser, redakteur van Rapport, neem dié kwessie onder die loep.
Boek: Eindspel
Êrens in die web is haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek.
Rowers slaan toe op Harties-huis met pikkop
Twee vroue en ʼn tienerseun is Dinsdag helder oordag in ʼn huis in Hartbeespoort in Noordwes oorval, aangehou en beroof.
Verdagte weer in hof vir Polokwane-ma se moord
Die man wat aangekla word van die moord op Tanya Wiers (44), wat vroeër vandeesmaand wreed in haar huis in Polokwane in Limpopo vermoor is, het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
‘Jagongeluk’: Beskuldigde se weergawe betwis
“Daar is geen bewyse dat ʼn moord met voorbedagte rade gepleeg is nie. Al die bewyse dui op ʼn tragiese ongeluk,”
Vrou sterf ná Dullstroom-plaasaanval
Die aanvallers het met die egpaar weggery in hul Nissan Hi-Rider-bakkie.
Nuuskommentaar: Wapenhandel vertel ook Koue Oorlog is terug
Nuwe rekordvlakke in wapenverkope word nou in ’n dokument met die hervatting van die Koue Oorlog in verband gebring.
Stellenbosch-moord: Twee in hof
Die twee verdagtes wat in verband met die moord op Marie Verwey (80) van Paradyskloof in hegtenis geneem is, het in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.
Plaasmoorde: Die motief agter die brutaliteit
Kenners het dit eens, plaasaanvalle en -moorde is wreed en gewelddadig, maar hulle reken navorsing dui daarop dat die oorsake dalk om ander redes is…