ʼn Man is Vrydag in die vroeë oggendure in die gesig geskiet nadat hy en sy vrou op ʼn kleinhoewe naby Randfontein aan die Wesrand deur vier aanvallers oorval is.
Alles vir Vrydag 24 Februarie 2017
[Video] Skaaphond doen Ierse dans
“Ek voel elke keer so trots wanneer ons aan dié danstoertjie werk. Dit is verreweg die moeilikste wat ons nog probeer het en ons oefen al vir maande. Ek het regtig nie gedink sy sal dit kan doen nie,” skryf Mary op Instagram.
Brandstofpryse daal glo in Maart
Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het gesê brandstofpryse sal na verwagting volgende maand daal.
Verdagte vas ná man sterf in kroegaanval
“Ek het nie meer trane nie, net hierdie brand in my keel. Soveel vrae. Soveel hartseer. So ongelooflik baie pyn.”
Terugslag vir demokrasie tref Afrika in die hart
Dit is nie baie bemoedigend vir die demokrasie en die grondwet in Suid-Afrika as Zuma ongeveer heeltemal passief is oor wat Kabila met die DRK aanvang nie.
Uitenhage-bejaarde vermoor, dalk verkrag
ʼn 95-jarige vrou van Uitenhage in die Oos-Kaap se liggaam is Donderdag in haar huis aangetref.
Só lyk SA se damvlakke
Damvlakke in sekere dele in Suid-Afrika word vir die eerste keer in ʼn lang ruk nie meer ʼn as ʼn krisis beskou nie.
[Video] Dowe baba hoor uiteindelik ma se stem
Toe Matthew verlede jaar in Augustus sy gehoortoestel by die Universiteit van Colorado ontvang, was dit ʼn baie spesiale oomblik vir sy ouers.
Kom huil maar op my skouer, sal Jake White kan sê
Ek wonder wat het Jake White Vrydagoggend in Montpellier gedink toe hy die Franse dagblaaie oopgemaak het en televisienuus gekyk het.
‘Jagongeluk’: Man hoor oor borgtog
Uitspraak is Vrydag gelewer in die borgtogaansoek van Stefan Hepburn, die man wat op aanklag van moord tereg staan nadat hy glo per ongeluk ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog doodgeskiet het.
Kaapstad-waterkrisis: ‘Vrot appels’ binnekort geïdentifiseer
“Dit is onaanvaarbaar dat mense steeds nie gehoor gee aan waterbeperkings nie. Dit is onwettig. Die misbruik van water beteken dat ons almal daaronder ly.” – Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad.
Nog ʼn verdagte vas ná Lephalale-plaasmoord
Volgens die polisie word die verdagte met ʼn reeks ander huisbrake en diefstalsake die afgelope paar maande verbind.
[Resep] Brosbroodvingers
Hierdie broskoekies is die Maroela Media-span se gunsteling. Ons beveel dié koekies beslis aan!
Nuuskommentaar: Politici wat lieg en die media
Die kwessie van die geloofwaardigheid van die media en politici is weer skerp in die kollig.
Polisie gereed vir optog oor buitelanders
Geweld het egter alreeds vroegoggend in Atteridgeville opgevlam nadat betogers paaie met brandende bande en ander voorwerpe versper het. Die polisie sê hy monitor die situasie.
‘Boere wys Suid-Afrikaners gee nog om vir mekaar’
Tydens die reddingspoging is een van die boere deur die vloedwater meegesleur en kon hy self moontlik omgekom het indien hy nie ʼn reddingsbaadjie aangehad het nie.
Sesnasies: Nou sal Eddie Jones éérs moet kopspeletjies speel
Hoe goed is die Engelse rugbyspan werklik?
Vandag se sportnuus
Die Proteas speel môre teen Nieu-Seeland in die derde eendagkragmeting van die huidige reeks. Die reekstelling is tans een elk.
‘Geldtekort nie rede vir Esidimeni-tragedie’
“Hierdie is een van die donker tye in die geskiedenis van ons land, maar ek durf sê, dit was ʼn oomblik van waansin in die provinsiale gesondheidsdepartement.”
City Power-hoof vat verlof tydens ondersoek
Sicelo Xulu, die besturende hoof van City Power, het verlof geneem totdat ʼn forensiese ondersoek na bewerings van bedrog en korrupsie by die Johannesburgse kragverskaffer afgehandel is.