Ek worstel nou al vir ʼn hele ruk met dié teer onderwerp en het swaar gesluk aan die realiteit van die pyn, lyding en dood van kinders en die pyn waarmee die ouers moet saamleef waarvan ons die afgelope twee maande lees.
Alles vir Dinsdag 28 Februarie 2017
Kosblik-idees: Frikkadelle
Almal wat gereeld kosblikke moet pak, raak soms moedeloos om nuwe idees uit te dink. Myoplossing is dan om ou bekende idees (en dit waarvan my kinders hou) met geurmiddels ‘n bietjie te verander. Frikkadelle is so lekker vir ʼn kosblik, want dis maklik om te maak, kan gevries word en is gerieflik om in te pak en hanteer.
‘Hy het altyd ander gehelp’
Japie Erasmus (48) is in sy vrou en dogter se arms dood nadat ʼn voormalige vennoot hom geskiet het.
Plaaswerkers se lyke in kanaal gevind
Twee mans se liggame is in ʼn kanaal in die Kakamas-omgewing in die Noord-Kaap gevind.
Man waarsku glo vriende voor selfmoord
ʼn Man se liggaam is Maandagmiddag op ʼn sypaadjie in Bryanston, Johannesburg gevind, nadat hy glo selfmoord gepleeg het.
Maatskappy vervolg oor ‘giftige’ stortingsterrein
Volgens die inwoners gee die terrein giftige gasse af wat asma, brongitis, longontsteking, ekseem, neusbloeding en ander siektes veroorsaak.
‘Motordiewe’ aan die brand gesteek
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat twee vermeende motordiewe Sondag, naby Phokeng in Noordwes, lewendig aan die brand gesteek is.
Gedagte vir die dag: God se krag hou jou staande
God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ’n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen. (1 Petrus 5:10-11)