Die polisie is op soek na verdagtes wat ʼn witleeu doodgemaak en gepoog het om nog twee leeus dood te maak by Ingogo Safaris in Alldays, Limpopo.
Alles vir die maand Februarie 2017
Geen borgtog vir twee wat glo donkies afslag
Twee persone wat in hegtenis geneem is nadat 35 donkies se velle afgeslag is, het in die hof verskyn en bly in aanhouding, het die dierebeskermingsvereniging (DBV) Dinsdag gesê.
VSA-besoek: May kwyt haar meesterlik van taak
Die Britse premier, Theresa May, se pas afgelope besoek aan die VSA en pres. Donald Trump was ʼn triomf. Dit toon haar as ʼn staatsvrou en skaakspeler van betekenis want sy het – voorlopig altans – aansienlik meer uit die besoek gekry as wat sy onder normale omstandighede kon gehoop het, skryf Leopold Scholtz.
Twee vas toe hulle sak ivoor in ʼn restaurant vergeet
Twee mans van China, onderskeidelik 24 en 27 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad verskyn nadat hulle Maandag deur die Valke se bedreigdespesies-eenheid in hegtenis geneem is.
Gedagte vir die dag: Waartoe jy nie ingestem het nie
Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin. (Johannes 16:33)
Loffie se Huns stuur skokgolf deur VSA-topliga
Die Suid-Afrikaanse afrigter Eugene (Loffie) Eloff se Austin Huns het Saterdag `n skokgolf deur Amerikaanse klubrugby gestuur deur as groentjie een van die land se bes gerekende spanne in die laaste minuut van `n rillerstryd te kelder.
Groeiende krukkelys laat Sesnasies asem ophou
Enkele dae voor 2017 se Sesnasiesreeks afskop, laat die groeiende krukkelys Europa se voorste rugbylande asem ophou.