Malta se bekende Azure-venster, ʼn interessante rotsformasie, het oornag verdwyn.
Lees meerAlles vir Donderdag 9 Maart 2017
OR Tambo-rooftog: ‘Beveiliging van vrag nie Acsa se verantwoordelikheid’
Maatskappye met waardevolle vrag by lughawens moet hul eie veiligheidsmaatreëls in plek hê buiten dit wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Lughawensmaatskappy van SA (Acsa) verskaf word, het die uitvoerende hoof Bongani Maseko gesê.
Babapornoverslaafde gevonnis
ʼn Selferkende verslaafde aan pornografie is Donderdag in die landdroshof in Port Elizabeth gevonnis vir misdade wat seksuele uitbuiting van babas en jong kinders insluit.
13 studente by UJ beroof
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Donderdag gesê hy het toegangsbeheermaatreëls verskerp ná ʼn gewapende roof by sy Aucklandpark Kingsway-kampus.
Lions verander nege; weer nie met bestes na Buenos Aires
Ondersteuners van die Lions sal hoop dat die geskiedenis hom nie herhaal wanneer hul span Saterdag in Buenos Aires teen die Jaguares speel nie.
Polisie slaan toe op onwettige goud, platinum-laboratorium
Die Valke het op ʼn laboratorium in Lenasia, suid van Johannesburg, toegeslaan waar goud en platinum onwettig geprosesseer is. Beamptes het tydens die klopjag beslag gelê op edelmetale ter waarde van ongeveer R5 miljoen.
ToekomsVenster: Om iemand se losser te wees soos Boas
Here, jammer oor my kortsigtigheid. Dankie dat U my dikwels kom bevry van myself.
Drie sterf tydens skietery in Kimberley se strate
Twee polisiebeamptes en ʼn voormalige polisiebeampte is Woensdagmiddag voor talle motoriste in ʼn besige kruising in Kimberley doodgeskiet. Die voorval hou vermoedelik verband met huishoudelike geweld.
SA man, vrou in VAE tronk oor swangerskap
Emlyn Culverwell (29) en sy verloofde, Iryna Nohai (27), is in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in hegtenis geneem omdat hulle voorhuwelikse seks gehad het.
Vrou vermoor in huisroof
Die Vrystaatse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 46-jarige vrou van Parys vanoggend deur haar huishulp ontdek is.
‘Vals polisiemotor’ in lughawe-rooftog gebruik
Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het Donderdag tydens ʼn perskonferensie meer lig gewerp op bewerings dat ʼn polisievoertuig by Dinsdagaand se rooftog by die OR…
Die wêreld in foto’s – 9 Maart 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
MTN waarsku teen slenter
MTN het verbruikers gewaarsku teen ʼn slenter wat sommige van hul kliente se rekeninge negatief kan beïnvloed.
Siekte eis seun; tweede kans vir sussie
Sy was ʼn weggooilam wat in dieselfde hospitaalkamer as ʼn seun met dieselfde siekte geplaas is. In dié teater het sy ʼn nuwe huis gekry – en ʼn kans op ʼn nuwe lewe. Later is die seun oorlede, maar sy het ouers én ʼn tweede kans op lewe gekry.
Pta-man vas ná hy glo met kind (10) wou lol in fliek
ʼn 49-jarige inwoner van Capital Park is in hegtenis geneem nadat hy glo met ʼn 10-jarige kind in ʼn fliekteater wou lol.
Spotprent 9 Maart 2017
Jerm se spotprent vir 9 Maart 2017
Kiwi-derbies die fokus in Australasiese wedstryde
Drie van die vier Australasiese Superwedstryde hierdie naweek sal waarskynlik die verbeelding aangryp omdat van die topspanne van die Land van die Silwervaring in aksie is.
Die ATKV kry nuwe besturende direkteur
Sy het verskeie toekennings ontvang en was die eerste vrou wat as finansiële direkteur en besturende direkteur in die Altron-groep gedien het.
Malaria: Nog gevalle aangemeld
Johann Lambrechts (21), ʼn professionele jagter van Northam in Limpopo, is ook in die Life Peglerae-hospitaal in Rustenburg opgeneem met malaria.
12 in hospitaal ná voorval by avo-pakhuis
Minstens 12 mense is Donderdagoggend na die Mediclinic Tzaneen in Limpopo geneem ná ʼn voorval by ʼn avokadopeerpakhuis buite die dorp.