“Die minister glo die jongste verwikkeling is in die beste belang van geregtigheid en die voortgesette stryd teen misdaad en korrupsie in die land.”
Alles vir Maandag 20 Maart 2017
Vandag se sportnuus
By die ATP Indian Wells Meesters het Suid-Afrika se Raven Klaasen saam met sy spanmaat Rajeev Ram met die dubbelspeltitel weggestap.
Vrou vas wat man glo wou laat vermoor
ʼn Vrou wat na bewering ʼn huurmoordenaar gekry het om haar man te vermoor, sal Maandag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn.
‘Inbraak by hoofregter se kantoor verdag’
Die DA het gesê die inbraak die afgelope naweek by hoofregter Mogoeng Mogoeng se kantoor in Johannesburg is “uiters verdag” in die lig van die konstitusionele hof se verdoemende uitspraak Vrydag oor die maatskapliketoelaekrisis.
Minister by hotel beroof
ʼn Veiligheidswag by die hotel het gesien haar kamer se venster staan oop en het gaan ondersoek instel.
Knelvrae oor belasting
Belasting kan groot skade berokken en hoe groter die belastinglas gemaak word, hoe groter die denkbare skade wat aangerig kan word. Dit bring ons by die dieper vraag oor hoe ʼn welvarende en beskaafde samelewing werklik geskep kan word
Gedagte vir die dag: Selfverloëning en kruisdra
Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom. As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind.” (Matteus 16:24, 25)