Dit raak al moeiliker om te glo dat pres. Jacob Zuma nie sy bes doen om Suid-Afrika te laat sink nie.
Alles vir Dinsdag 28 Maart 2017
Vrou in gesig geskiet tydens aanval
Die vrou se twee kinders was saam met haar in die huis op die kleinhoewe.
Lyk soos een wat met die nagtrein gekom het
Dit lyk of sy met die nagtrein gekom het!
Kosblik-idees: Lensieslaai en hawermoutkoekies
Die lensieslaai is ʼn heerlike bygereg, want dit is ʼn lekker afwisseling van ʼn tipiese “wit” styselgebaseerde bygereg en ideaal vir ʼn ligte middagete, soos in ʼn kosblik. Die lensies is ʼn bron van sowel proteïen as stysel, maar het heelwat meer gesonde vesel in as byvoorbeeld pasta of rys.
Net buitengewone kolfwerk of reën kan Proteas red
Dit was nie ʼn krieketdag om op trots te wees nie en die Proteas gaan Woensdag die laaste dag van die derde kriekettoets teen Nieu-Seeland binne met net buitengewone kolfwerk en/of onwaarskynlike reën wat Nieu-Seeland van ʼn oorwinning kan weerhou.
D-dag vir Poppie-saak
Kobus (43) en Louisa (45) Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, sal Dinsdag weer in die Brits-landdroshof verskyn.
Vandag se sportnuus
Dis dag vier van die derde toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Hamilton en die Proteas is met die rug teen die muur.
Hlaudi-aansoek vandag aangehoor
Die vakbonde Solidariteit en Bemawu se aansoek dat Hlaudi Motsoeneng toegevoeg moet word as respondent in hul kostebevelsaak teen die SAUK sal Dinsdag in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.
Inklimspel verras toe Park vir Bobbies opdreun
Vrydag se kragmeting tussen die Port Elizabethse spanne Park en Polisie in die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks het verras met die inklimspel wat gelewer is, en diegene wat dit dopgehou het, sal dit nog lank onthou.
Toestand van Vrystaat-gesondheidsorg ‘krimineel’
Volgens Wouter Wessels, VF Plus-LPW, moet mediese personeel handskoene as toernikette gebruik, matrasbedekkers as doeke en lêerplakkers as pleisters omdat daar doodeenvoudig nie voorraad van hierdie basiese benodigdhede in staatshospitale is nie.
Rhodespark-saak: Uitspraak binnekort gelewer
Die vrou van een van die mans wat verdrink het nadat hy deur ʼn groep rowers in die dam by ʼn park in Johannesburg ingedwing is, het Maandag gesukkel om die trane te keer toe sy in die hooggeregshof in Johannesburg weer die gebeure van daardie dag moes aanhoor.
Ahmed Kathrada oorlede
Ahmed Kathrada, die ANC-strydros, is in die ouderdom van 87 oorlede.
Helen Zille oor Singapoer en die twiet
“Ek het altyd geweet Afrikaan-rassenasionalisme is die kernbeginsel van die ANC. Maar word dit nou ook die filosofie van die DA?”
Rasseverhoudinge op ʼn Spur-‘steakmespunt’
Daar is min lande wat dit so suksesvol regkry om van ʼn molshoop ʼn berg te maak soos Suid-Afrika. Na aanleiding van ʼn voorval in ʼn Spur is die ganse land weer aan die gons oor rassisme.
Gedagte vir die dag: ’n Romein sien die lig
Toe die Romeinse offisier wat reg voor Hom gestaan het, Jesus só sien sterf, was sy woorde: “Waarlikwaar, hierdie man was die Seun van God!” (Markus 15:39)