Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand Pravin Gordhan, minister van finansies, die trekpas gegee.
Lees meerAlles vir Donderdag 30 Maart 2017
Crusaders sal vir Australasiese hoogtepunt sorg
Die Crusaders gaan waarskynlik hierdie naweek hul plek bo-aan die algehele punteleer van die Super-reeks verstewig
Sikloon Debbie: Dakke afgeruk; bote, haai op land
Nooddienswerkers het foto’s van die haai op Twitter gedeel met ʼn waarskuwing dat mense uit die vloedwater moet bly.
Ondersoek na familielid wat baat by Eskom-kontrakte
Die Eskom-raad het vandeesweek gesê hy sal ʼn forensiese ondersoek van stapel stuur na bewerings dat Matshela Koko, waarnemende uitvoerende hoof van die kragvoorsiener, na bewering R1 miljard se tenders aan ʼn maatskappy, waarvan sy stiefdogter ʼn direkteur is, toegeken het.
Man wat stiefdogters verkrag eers later gevonnis
Die vonnisverrigtinge van die saak teen die 51-jarige man van Randfontein, wat skuldig bevind is dat hy sy twee stiefdogters verkrag het, is Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg uitgestel.
Malema: ‘Guptas betrokke by Zuma-intelligensieverslag’
Julius Malema, leier van die EFF, het Donderdag beweer die omstrede Gupta-familie was betrokke by die sogenaamde intelligensieverslag wat na bewering die rede is waarom pres. Jacob Zuma vir Pravin Gordhan wil afdank.
Bejaarde erg mishandel: ‘Verpleegster’ gevonnis
“Hoewel ons geen plesier daaruit put om iemand te sien tronk toe gaan nie, voel ons geregtigheid het geskied.”
Mosie van wantroue in Zuma wéér ingestel
Die DA het Donderdag aangekondig dat hy vir die soveelste keer ʼn mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma sal instel omdat dit glo “bevestig is” dat hy Pravin Gordhan, minister van finansies, gaan afdank.
ToekomsVenster: Wanneer ek my roeping versaak
O Gees van God, kom reinig my van my selfgesentreerdheid.
Baba wat in lug gebore is sprei sy vlerke verder
Rainier Horak, ʼn student aan Unisa wat 22 jaar gelede op ʼn vlug van Tzaneen na Pretoria gebore is, het vandeesweek nog ʼn droom van hom verwesenlik.
Nóg sukses wink vir vrou in rugbywêreld
Le Roux het onlangs ná meer as 20 jaar as hoof van die netbalklub by dié universiteit in Port Elizabeth by die FNB-Madibaz-rugbyklub oorgeneem.
SA Akademie kondig wenners aan
Die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op die volgende bekronings vir 2017 besluit.
Metrobeampte tydens huisroof doodgeskiet
ʼn Beampte van die Tshwane-metropolisie (TMPD) is Woensdagaand tydens ʼn huisroof doodgeskiet.
Samsung Galaxy S8 dán in SA
Samsung wil die vertroue van duisende aanhangers probeer terugwen met die splinternuwe Galaxy S8 en S8 Plus-modelle wat Woensdagaand amptelik bekendgestel is.
Toe rugby nog lekker én daar nie hofsake was nie
Om te dink in die oud dae het ʼn mens gespeel omdat rugby vir jou lekker was, jy lid van ʼn span was, ook van die groter rugbyfamilie. Na ʼn oorwinning is daar saam met teenstanders gekuier en moes jy hoor van die swak ref wat hulle verneuk het.
SA se eerste gratis AGHS-siftingsprogram vir kinders bekendgestel
’n Nuwe inisiatief is pas bekendgestel wat kinders wat aan aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) ly, vroeg sal kan identifiseer en betyds die nodige mediese ondersteuning kan bied.
[Foto’s] ‘Dief’ lewend begrawe
ʼn Man wat van diefstal beskuldig is, is vandeesweek aangerand en toe lewend begrawe.
Rian groet dalk nié
Groot dinge het Donderdagoggend regstreeks in die JacarandaFM-ateljee gebeur.
SA voor Strafhof gedaag
Dit is in verband met die regering se versuim om Omar al-Bashir, president van die Soedan, in hegtenis te neem toe hy die Afrika-unie se beraad in Junie 2015 in Johannesburg bygewoon het.
Koek-rampe: Die realiteit van kinderkoeke bak
Enige ma ken die frustrasies van koekbak, veral as die verjaardagmaatjie ʼn koek bestel het wat selfs ervare bakkers sal laat sweet. Dit is dalk maklik om ʼn prentjie op die internet te kry, maar die uitvoerbaarheid daarvan is gewoonlik baie moeiliker, soos wat dié bakkers té laat besef het….