Cheeky Watson, voormalige rugbybaas van die Oostelike Provinsie, is saam met nog drie mense in hegtenis geneem en het Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Alles vir Vrydag 31 Maart 2017
[Foto’s] Rugbyman word pa: ‘God is groot’
“Kyk wie het ons verras. [Sy weeg] 3,6 kg en [is] 52 cm [lank]. Dis die grootste voorreg en eer. Dankie, Here! U is groot.”
Gordhan hoor op TV hy is gepos
“Ons is nie te koop nie.” Só het Pravin Gordhan, wat Vrydag in die vroeë oggendure as minister van finansies gepos is, tydens ʼn mediakonferensie gesê.
Rwanda bloei nie meer inwendig nie
Dit is verfrissend om ʼn Afrikaleier teë te kom wat buite die grense van die rewolusie kan dink.
Dít moet jy weet oor nuwe ministers
Pres. Jacob Zuma het Vrydag in die vroeë oggendure ʼn kabinetskommeling aangekondig ná ʼn onverwagse vergadering laataand met die ANC se top-ses leiers in Pretoria.
Spotprent 31 Maart 2017
Jerm se spotprent vir 31 Maart 2017.
Redakteursbrief: Dankie, ons 1.6 miljoen lesers!
Geen draaiboekskrywer sou die afgelope week se plaaslike nuusgebeure in ‘n fliek tot sy reg kon laat kom nie. Elke keer as jy dink nou kan dinge nie nóg vreemder nie, maak die storielyn in onse Suid-Afrika van 2017 ‘n nuwe, bisarre kinkel, skryf Susan Lombaard.
Little Foot nou heelwat jonger
“Dit verander die konteks van die fossiel, maar dit maak hom nie minder belangrik nie.”
Aanval op ma en kinders: ‘Die motief is nie roof nie’
Verdagtes is intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem.
kykNET trek nuwe baadjie aan
kykNET het Donderdagaand tydens ʼn regstreekse uitsending op dié kanaal met sy splinternuwe baadjie gespog.
Man op KZN-plaas geskiet
“Ons het omstreeks 16:00 ʼn oproep ontvang en het die man aangetref waar hy in sy Toyota Hilux-bakkie gesit het”.
[Resep] Amarula-balletjies
Dié Amarula-balletjies maak ‘n mens sommer in ‘n japtrap.
Die sport van gewigoptel
“…waar ons heeltyd op die uitkyk is vir ander mense wat dalk swaar dra en vir geleenthede waar ons deur klein dingetjies iemand se las net so effens kan verlig?”
Olifant deurboor vrou in wildtuin
ʼn Vrou is dood en nog ʼn vrou ernstig beseer toe hulle Donderdag deur ʼn trop olifante in die Krugerwildtuin aangeval is.
Woord: Jantoet
Moenie ʼn Jantoet wees nie!
Hoe gaan die nuwe sportminister die bal vang?
Dis dalk nie die belangrikste kabinetskuif nie, dit sal nie die Rand oor die afgrond stoot nie, maar tog sal miljoene Suid-Afrikaanse sportondersteuners, veral in rugby, asem ophou oor die aanstelling van Thembelani Nxesi as die nuwe sportminister.
Vandag se sportnuus
Die Momentum-eendagreeks se eindstryd word vanmiddag op Supersport Park in Centurion gespeel. Die Titans en Warriors pak mekaar om 14:00. Verskeie Protea-spelers sal in aksie wees op ʼn verwagte volgepakte stadion. AB de Villiers sal die grootste aantrekkingskrag wees.
Rian groet nié nou nie
JacarandaFM het Vrydagoggend vroeg groot nuus bekendgemaak.
Nuuskommentaar: En toe dank Zuma Gordhan waaragtig af
Minstens sit Suid-Afrika nie meer met ’n uitgerekte sage oor die Gordhan-kwessie nie, maar volgens sommige ontleders kan Suid-Afrika die naweek al ’n afgradering beleef. Dinge gaan nou vinnig verander.
Man vas vir moord op 11-jarige
Die verdagte is glo bekend aan die familie.