Beide die Goue Leeus se klubkampioen en die span wat die bond in die afgelope internasionale reeks om die Goue Beker verteenwoordig het, het slae gekry in vanjaar se eerste ronde van die Pirates-grootuitdaagreeks.
Alles vir Sondag 2 April 2017
Reeksmoordenaar vir gru-moorde gevonnis
ʼn Reeksmoordenaar wat sewe mense vermoor en toe die liggame in vlak grafte begrawe of verbrand het, is in die Vrystaatse hooggeregshof swaar gevonnis.
Gordhan: ‘Ek moedig onbeskaamd massaoptrede aan’
Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het Saterdag die publiek aangemoedig om massaoptrede teen pres. Jacob Zuma te neem na aanleiding van die omstrede kabinetskommeling Vrydag in die vroeë oggendure waartydens Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, uit hul poste verwyder is.
Gedagte vir die dag: Die eerste vyf minute ná die dood
God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. (Johannes 3:16-17)
‘Bulls-duiker het rooi kaart verdien’
ʼn Speler van die Chiefs het volgens die wedstrydkommissaris ʼn rooi kaart verdien vir ʼn gevaarlike duikslag Saterdag in die Superrugbywedstryd teen die Bulls in Hamilton.