“Dit is bloot nie moontlik dat die president met sy salaris byna R8 miljoen kon leen nie.”
Alles vir Dinsdag 4 April 2017
Anika Smit-saak: Sielkundiges moet sê oor Smiley
André van Wyk, wat onder sy vriende as Smiley bekend staan, het Dinsdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn in verband met die grumoord op die Pretoriase tiener, Anika Smit.
Buchan reageer op sanger se ope brief
Angus Buchan het Dinsdag reageer op ʼn ope-brief deur die sanger Tobi Jooste waarin hy onder meer praat oor die beweerde hoeveelheid geld wat die evangelis maak.
Luiperds: drie uit drie nie altyd goed genoeg
Drie uit drie is nie altyd goed genoeg nie, leer die Luiperds se Jaap Steynliga ʼn mens – selfs nie vir ʼn kampioen nie.
ʼn Speursersant, ʼn super-romanza en die wonderwêreld van diere
ʼn Speursersant, ʼn super-romanza en die wonderwêreld van diere. Nuut by Lapa.
‘Afrikaans is groot’ nié meer by Moreletapark
Die Afrikaans is groot-organisasie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê dié gewilde konsert sal nié vanjaar by die Moreletapark-ouditorium in Pretoria gehou word nie.
[Video] Tweeling se weergawe van ‘Frozen’ in die kol
As jy dink jóú kind is mal oor die animasieprent Frozen, dink weer. Dié tweeling in die VSA is sekerlik die grootste aanhangers van Anna en Elsa.
Garsfontein-moorde: Tweede verdagte vas
ʼn Tweede verdagte is aangekeer in verband met die aanval op ʼn gesin verlede maand by hul huis in Garsfontein in die ooste van Pretoria waartydens twee susters vermoor is.
Chirurg tydens huisroof doodgeskiet
ʼn Bekende neurochirurg is Maandag in die vroeë oggendure in sy huis in Kimberley in die Noord-Kaap doodgeskiet.
Hond gryp ‘rower’ tydens inbraak
ʼn Pitbull het Maandag in die vroeë oggendure tot sy eienaar se redding gekom toe gewapende rowers by sy huis in Port Elizabeth ingebreek en hom in sy slaapkamer oorval het.
OP-liga: Park sal verdediging moet opskerp
Die Port Elizabethse klub Park sal gewis sy verdediging moet opskerp as hy sy onoorwonne wegspring in die Oostelike Provinsie (OP) se Grootuitdaagreeks wil voortsit.
Oom Herrie se kerrie: Boeremusiek op steroïde
Pa Jan was ’n man vir klassieke musiek, en die Beatles het hom glad nie aangestaan nie. Nog minder die Rolling Stones, skryf Herman Toerien.
Kundiges ondersoek onlangse aardbewings
Dit is nog nie duidelik of daar enige verband is tussen die twee skuddings nie.
Jakopeweroë hê
Wat beteken die uitdrukking “jakopeweroë hê”?
Hoekom gaan Ackers wérklik die pad vat?
Johan Ackermann, Rassie Erasmus, Jake White, Jimmy Stonehouse, Gary Gold, Dawie Theron, Loffie Eloff en ʼn hele rits ander bekwame afrigters.
Kaapstad-waterkrisis: Noodskemas op dreef
Met nog net genoeg bruikbare drinkwater vir nagenoeg 100 dae het die Stad Kaapstad gesê hy is in die proses om noodaanvullingskemas gereed te kry.
Vrou wat eksman wou vergiftig gevonnis
Louisa Petronella van Niekerk (41) is gevonnis vir die beplande huurmoord op haar eksman.
[Resep] Witbone-doopsous
Hierdie bone-doopsous is ʼn geurige en maklike idee om bone interessant voor te sit. Selfs mense wat nie van bone hou nie, geniet hierdie doopsous, soms sonder dat hulle besef dis inderdaad met geblikte bone gemaak.
Nuuskommentaar: Rommelstatus
Elke burger en elke instansie moet nou saamstaan om pres. Jacob Zuma as faktor in die land te isoleer, sodat die omstandighede só verander dat die land so gou as moontlik werk daarvan kan begin maak om rommelstatus om te keer.
Vandag se sportnuus
Die sewende toernooi in die Wêreldreeks word dié naweek in Hongkong gespeel