Nadat die hooggeregshof in Durban ʼn dringende aansoek aan die DA toegestaan het wat Zandile Gumede, die eThekwini-burgemeester, verhoed om wetstoepassingsagentskappe te beveel om betogers in hegtenis te neem, het duisende inwoners vandag opgedaag om aan die optog deel te neem.
Alles vir Vrydag 7 April 2017
Zumafikasie spruit uit president se grondwetlike magskonsentrasie
Dit is uiters noodsaaklik dat die stelselfout wat ’n Zuma moontlik maak, dringend hersien moet word om te verhoed dat hierdie of ’n volgende “Zuma” die land finaal oor die afgrond stoot. Die magtige presidensiële stelsel bedreig nie net die grondwetlike demokrasie nie, maar die land se toekoms.
Redakteursbrief: Grondgrype, Zuma-optogte: Só skei jy vals gerugte van waarheid
Hoe onderskei ʼn mens tussen ware en fopnuus? Susan Lombaard gee ʼn paar rigtingwysers wat jy kan gebruik wanneer jy ʼn boodskap ontvang of ʼn artikel op die internet lees en jy twyfel oor die egtheid daarvan.
[Foto’s] Duisende betoog teen Zuma in Wes-Kaap
Duisende inwoners in Kaapstad en kleiner dorpe in die provinsie het hul stem by menigtes regoor die land gevoeg om te eis dat pres. Jacob Zuma moet bedank.
Gordhan: ‘Sien julle die 18de April’
Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het onderneem om in die parlement teenwoordig te wees wanneer die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma aangehoor word.
Skoolseun herskep fliektoneel om aktrise na afskeid te nooi
“Ek vra vir Emma Stone om saam met my matriekafskeid toe te gaan.”
Huiseienaar skiet een dood, wond twee
ʼn Inwoner van Germiston aan die Oos-Rand het Donderdagmiddag ʼn man doodgeskiet en twee gewond wat glo op sy huis wou toeslaan.
Nuuskommentaar: Byna niemand nou meer beskroomd om ontevredenheid te wys
Terwyl Suid-Afrika in hierdie “donker gat” ingesuig is, gebeur daar in die buitewêreld belangrike goed waarvan Suid-Afrikaners, en veral beleidmakers, kennis behoort te neem.
Padtoets: Fiat 500 TwinAir Pop Star die definisie van oulik
ʼn Ligte binneruim met ʼn reuse-sondak laat die 500 baie groter voel as wat sy spoortjies op die grond trap, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Die BMW-familie brei uit
Ná weke se stilte lyk dit ewe skielik of nuwe motorfietsmodelle nou begin ontwaak en die volgende paar weke kan besig raak. BMW het pas ook twee variasies in ʼn bestaande modelreeks bekend gemaak.
[Resep] Eendborsies met geroosterde lemoenskywe
Die kombinasie van eend en lemoen sorg vir ʼn hemelse kulinêre ervaring. Dit is vinnig om gaar te maak en al te heerlik. Boonop is dit ʼn stylvolle maal wat bitter min moeite verg.
VSA loods lugaanvalle in Sirië
Pres. Donald Trump van die VSA het opdrag gegee dat missielaanvalle uitgevoer word op ʼn lugmagbasis in die weste van Sirië in reaksie op Dinsdag se chemiese lugaanval.
Seun onthoof: Vyf jonges nou vas
Vyf jong mans verskyn Vrydag in die hof nadat ʼn 15-jarige seun vroeër vandeesweek in KwaZulu-Natal vermoor en onthoof is.
[Foto’s] MK-veterane beskerm Luthuli-huis
Intussen het honderde betogers vroegoggend al opgeruk in Beyers Naudé-rylaan in Johannesburg om ook Zuma se kop te eis.
Vandag se sportnuus
Die Amerikaanse Meesters se eerste ronde het gister in baie sterk wind begin.
[Foto’s] Pta-optog: ‘Geen toestemming vir memorandum’
Lede van die publiek het reeds vroegoggend met plakkate en Suid-Afrikaanse vlae opgedaag om die optog te steun.
[Spotprent] SA sink, ANC dryf
Talle Suid-Afrikaners neem op 7 April landswyd deel aan protesoptogte om pres. Jacob Zuma se bedanking te eis ná ʼn onverwagse kabinetskommeling waar, onder andere, die minister van finansies afgedank is. Die kredietgraderingsagentskap S&P Global het Suid-Afrika daarna tot rommelstatus afgegradeer.
Woord: twisappel
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “twisappel”
Kom ons bou Zuma uit ons lewens uit!
Kom ons oefen almal baie druk uit om Zuma uit die kussings gelig te kry. Kom ons stem met mening om die ANC te verwyder, maar kom ons bou harder aan ’n toekoms waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan wees.
Die gestolde toffiestroop om die appel is reeds afgelek
Die markwaarde van die All Blacks, en nie die Bokke nie, sal die sukses van rugbytoetse bepaal wat die Springbokke voortaan oorsee mag aanbied.