Pole, wat deur twee Suid-Afrikaners afgerig word, het Nederland Saterdag in Lodz, Pole, tot in sy fondamente geskud deur die Here XV in die reeks om die Rugby Europatrofee te klop.
Lees meerAlles vir Sondag 9 April 2017
Nuweling maak stem dik, verslaan GB-halfeinder
Die nuwe Pretoriase klub Quins-Bobbies-rugby (QBR) het Saterdag sy stem dik gemaak met ʼn goeie oorwinning oor een van die spanne in verlede jaar se Goue Beker-halfeindronde.
SA spelers kry 19, 13 en tweekuns in Spanje
Suid-Afrikaanse spelers het die afgelope naweek ʼn sestiental en ʼn dertiental punte sowel as ʼn tweekuns drieë in die Spaanse Liga van Eer op die telbord geplaas.
SA ʼn treetjie nader aan sy Davisbeker-droom
Suid-Afrika het die afgelope naweek by die Irene-buiteklub in Centurion ʼn tree nader beweeg aan sy doelwit om vir die Davisbeker Wêreldgroep te kwalifiseer.
Gebore Bolander druk drie keer in Europese liga
ʼn Gebore Bolander het Saterdag ʼn driekuns vir die Walliese streekspan Scarlets (Llanelli) in sy wedstryd teen die Italiaanse klub Benetton Treviso in die Europese Pro12-liga aangeteken.
Dubbelsyfers vir twee SA skoppers in Frankryk
Twee skoppers uit Suid-Afrika het Saterdag dubbelsyfers met die skoen in die Franse Top14-liga behaal.
ANC-jeugliga ontwrig Ahmed Kathrada-gedenkdiens
Die ANC-jeugliga het Sondagaand erge ontwrigting by die gedenkdiens van die ANC-strydros, Ahmed Kathrada, in KwaZulu-Natal veroorsaak
Nuwe SA franchise-komitee besluit watter twee spanne in slag bly
ʼn Nuwe Suid-Afrikaanse franchise-rugbykomitee is in die lewe geroep om die kriteria te bepaal waarvolgens op die vier Suid-Afrikaanse spanne besluit sal word wat vanaf 2018 in die Superreeks sal speel.
Drie soek ná selfoonwinkel-rooftog
Een van die mans, wat ʼn sak by hom gedra het, het aan ʼn winkelassistent gevra om hom te help voor hy vir die assistent die versteekte wapen in die sak gewys en aangedring het op elektroniese toestelle in die winkel.
TV-ankervrou hoor man is dood wyl sy nuus lees
Die TV-ankervrou het vir tien minute ná die skokbesef wel die nuus voltooi voor sy in trane uitgebars het.
Pta-vrou (32) byna dood tydens maraton
Die Pretoriase vrou het in die middel van die maraton siek begin voel, op ʼn sypaadjie gaan sit en toe skielik inmekaargesak. ʼn Verpleegster wat in die omgewing was, het dadelik kardiopulmonêre resussitasie (KPR) begin toepas.
Afrikaanse sanger kry nuwe hoop danksy skenker
“Sy gemoed is baie positief, en hy sien baie uit na die operasie omdat sy lewe daadwerklik gaan verander. Sy vrou, gebede en aanhangers dra hom. Hy is opgeruimd en borrelend – ons glo dit gaan ʼn sukses wees.”
Leeu val 11-jarige aan; gesinslid stoei glo met dier
Die leeu het volgens gerugte in die huis ingekom en die 11-jarige seun aan sy nek gegryp. Een van die gesinslede het daarna glo die leeu van die seun afgestoei.
Fidji klop Blitsbokke op drafstap in Hongkong-eindstryd
Suid-Afrika sal maar vir aanstaande jaar se Hongkong-toernooi moet wag nadat hulle in die eerste 21 pogings sedert 1997 daar onsuksesvol was.
[Foto’s] Noue ontkoming toe nóg ʼn Ford Kuga vlam vat
Die motor is glo voorheen deur Ford ondersoek en as veilig geklassifiseer. Die man was net-net uit die motor toe hy aan die brand geslaan het.
Polisie vra hulp ná verdagtes uit tronk ontsnap
ʼn Grootskaalse polisiesoektog is Saterdag van stapel gestuur nadat vyf verhoorafwagtende verdagtes uit die Secunda-gevangenis ontsnap het.
OP-liga: verrassings in Grootuitdaagreeks
Die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks het Saterdag ʼn paar lekker groot verrassings opgelewer.
[Video en foto’s] Calvinia juig oor reënval
“Jesus het ons gebede gehoor – ons dien ʼn gróót God. Ek prys hom vanaand!” Só het Burre Burger, ʼn inwoner van Vredendal, op Facebook…
Sanzaar beëindig bespiegeling oor Super-formaat
Sanzaar het ʼn einde aan die weke lange bespiegeling oor die Superrugby-reeks se formaat vir aanstaande jaar gemaak.
Blitsbokke skuur deur in ekstra tyd, weer in eindstryd
Suid-Afrika het Sondag die sewende keer in sewe toernooie die eindronde van Wêreldrugby se 2016/’17-sewesreeks bereik toe hulle die VSA 29-24 in ekstra tyd in die halfeind in Hongkong geklop het.