Karin Hougaard woon tans in die VSA hoewel haar hart steeds in Suid-Afrika is. Maar skrik die politiek hier in SA haar nie af nie?
Alles vir Dinsdag 11 April 2017
Bekendstelling: BAIC D20 – China voeg daad by woord
Beijing Automotive Industry Company het gisteraand sy eerste produk in Suid-Afrika bekendgestel by ʼn glansgeleentheid in Melrose Arch in Johannesburg.
Leeuaanval: Seun se nek beseer
Kristian Prinsloo (11) se toestand is onveranderd waar hy in ʼn Pretoriase hospitaal se waakeenheid behandel word nadat hy Saterdag deur ʼn driejarige leeumannetjie in Lephalale (Ellisras) in Limpopo aangeval is.
[Foto’s] 4-jarige gereed vir veldry met Land Rover-bed
ʼn Vierjarige seuntjie van Pretoria se grootste droom het waar geword toe hy onlangs ʼn Land Rover-bed met regte motoronderdele soos bande en hoofligte gekry het.
Burgemeester dalk aangekla oor uitsprake teenoor wit mense
Mzwandile Masina, Ekurhuleni se uitvoerende burgemeester, het Maandag gesê die neiging van wit Suid-Afrikaners om swart Suid-Afrikaners “die middelvinger te gee omdat hulle ’n nuutgevonde selfvertroue gevind het”, moet tot ’n einde kom.
‘Zuma is obsessief oor ras’
“Sy stellings is misleidend en moet veroordeel word. Zuma is paranoïes.”
[Video] Ystervark speel klaar met luislang
ʼn Video van ʼn luislang wat met ʼn ystervark se penne deurboor is toe hy gepoog het om dié dier te eet, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Die mooiste woord in Afrikaans
Wat is die mooiste woord in Afrikaans? Ons het ʼn paar bekendes wat elke dag met woorde werk gevra.
Noodtoestand in Egipte ná dodelike bomaanvalle
Pres. Abdel Fattah al-Sisi van Egipte het Maandag ʼn noodtoestand van drie maande afgekondig nadat tientalle mense dood is in twee afsonderlike bomaanvalle.
VF Plus sê oor Nasionale Dag van Aksie
Die VF Plus het Dinsdag verduidelik hoekom hy besluit het om nie sy stem by die meeste ander opposisiepartye te voeg vir die sogenaamde Nasionale Dag van Aksie teen pres. Jacob Zuma wat Woensdag sal plaasvind nie.
Voordele en nadele van veelvuldige generasies onder een dak
Huishoudings wat uit veelvuldige generasies bestaan is aan die toeneem in Suid-Afrika. Volgens Statistiek SA bestaan 32,2% van huishoudings in Suid-Afrika reeds uit drie of meer generasies.
Baksteen-video: Dissiplinêre verhore afgehandel
In die video wat versprei is kan gesien word hoe twee seuns in ʼn woordewisseling betrokke is en die een die ander daarna met ʼn baksteen teen die kop gooi.
Hoë van Pta-metropolisie op fiets doodgery
Kris Jooste, ʼn direkteur van die Tshwane-metropolisie, is Dinsdagoggend doodgery toe hy saam met sy seun in Pretoria se Moot-gebied gaan fietsry het.
Nog drie verdagtes in OR-Tambo-rooftog hoor oor borgtog
Die landdros het die sterkte van die staat se saak in twyfel getrek.
Wondermateriaal kan ontsouting lonend maak
Met Kaapstad wat volgens beplanning ook ’n ontsoutingsaanleg kan kry om toekomstige waterkrisisse die hoof te bied, is daar nou goeie nuus oor ’n nuwe ontwikkeling wat die proses aansienlik goedkoper kan maak.
[Video] Man steek homself aan die brand vir kompetisie
ʼn Man sterk in die hospitaal aan nadat hy tweedegraadse brandwonde opgedoen het toe hy homself aan die brand gesteek het om die eersteprys in ʼn ski-kompetisie te wen.
Hof sê oor dwelmsaak teen Henri en sy meisie
Henri van Breda, die man wat aangekla word van die moord op sy ouers en broer, het weer Dinsdag saam met sy meisie in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklag van dwelmbesit.
Seerowers, terroriste en droogte waarborg Somalië se ondergang
Die groot tragedie is dat Somalië se ondergang nie slegs aan ʼn natuurramp soos droogte toegeskryf kan word nie, maar dat dit ʼn mensgemaakte ondergang is, skryf James Kemp.
Bloedvoorraad kritiek laag voor Paasnaweek
“Ons doen twee goed as ons vlakke so laag daal.”
Pluto-Aprilgekstorie toe amper waar
’n Aprilgekstorie op Futerenet.com dat Pluto weer as planeet erken word, was nader aan die waarheid as wat baie mense besef.