In Woensdagaand se episode om 12 April moet die jong sjefs hulle staal wys met meesterlike ontbytdisse.
Alles vir Woensdag 12 April 2017
[Foto’s] Brittanje se kleinste kasteel te koop
Dit is deur Edward Blore gebou wat verantwoordelik was vir uitbreidings aan Buckingham-paleis in die 1850’s.
[WEN]: Rocco de Villiers by die Blou Hond-teater
Vir die eerste keer is die bekende pianis Rocco de Villiers met ʼn vleuelklavier by die Blou Hond-teater in Pretoria te sien in ʼn splinternuwe vertoning, Gevleuel, gestryk en gestram.
Ons en die geskiedenis
Pres. Zuma het waarskynlik nog nooit kennis geneem van dié stuk geskiedenis nie. En tog is daar ʼn ooreenkoms tussen sy optrede en dié van Shepstone.
Zuma se verjaardagwens vir SA
Die presidensie het Woensdag gesê pres. Jacob Zuma sal vandag sy 75ste verjaardag met ʼn ANC-byeenkoms in Soweto vier.
Lesersbrief: Staan saam teen Zuma-kliek
Hier is ʼn versoek aan die hele land en al sy mense wat huiwer en nie weet wat om te doen nie. Help asseblief die mense wat ongeletterd is. Verduidelik vir hulle die implikasies van dit wat aangaan en wat kan gebeur indien hulle kant kies vir die korrupte skelms.
Pumasliga: donderbui keer nie vyftigtal
ʼn Wedstryd in die Pumas se Hoëveldse Burgemeestersliga is weens ʼn donderbui vroeg gestaak, maar dit kon nie die wenspan van ʼn vyftigtal weerhou nie.
[Video] Suzelle wys hoe om hasie-koek te maak
Suzelle DIY het so pas ʼn video vrygestel wat jou wys hoe om ʼn maklike dog kreatiewe hasie-koek te versier. Hierdie metode is so maklik, selfs ʼn beginner sal dié koek kan maak.
Zapiro se jongste spotprent skok
Jonathan Shapiro, oftewel die spotprenttekenaar Zapiro, se jongste spotprent het talle mense geskok terwyl ander meen dit is aanvaarbaar, gegewe die gebeure in die land.
‘Guptas wil SA in kolonialistiese speelterrein omskep’
“Die Guptas wil Suid-Afrika terugsit, weer in ʼn semi-kolonialistiese speelterrein omskep en hulle dan uiteindelik uit die voete maak na Dubai.”
Vierde LP bedank ná kabinetskommeling
Die kantoor van die ANC-hoofsweep het in ‘n verklaring bevestig die bedanking is met onmiddellike effek van 31 Maart.
Die wêreld in foto’s – 12 April 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Varsitybeker-eindstryd: beseringspook loop
Die beseringspook het op die vooraand van Maandagaand se Varsitybeker-eindstryd op die LC de Villiers-stadion ’n draai in Stellenbosch én Pretoria gemaak.
Geweld gaan meer probleme as oplossings bring
Teen die agtergrond van die feit dat Suid-Afrika al hoe duideliker ’n skurk vir ’n president het wat sy vriende toelaat om die land skaamteloos leeg te plunder, begin mense toenemend dink aan aktiewe verset.
Motordiefstal lei tot skietery
Die skietvoorval wat hom Woensdagoggend ten aanskoue van motoriste in Centurion afgespeel het, het gevolg kort nadat ʼn motor in Brooklyn gesteel is.
Onttroon SA ‘konings’ voor dit te laat is
“Deur ontslae te raak van die koningsmentaliteit en ʼn milieu van ʼn verantwoordelike staat met minimale invloed te skep, sal die risiko van ooreenstemmende gebeure verminder word.”
Man vir selfoon doodgeslaan
Die man en sy vriendin het geslaap toe voetstappe buite die huis hulle wakker gemaak het. Die volgende oomblik het hulle glas hoor breek en het ʼn onbekende man in hul slaapkamer verskyn.
Nuuskommentaar: Ons ‘veg’ nou ons moedeloosheid weg
’n Kunsmatige opwelling van positiwiteit hou egter ook gevare in.
Meisie met seldsame sindroom sterf
“Haar ma, boetie, familielede en vriende was by haar toe sy oorlede is.”
Kan jy Sara se geheim hou?
Hulle sê drie mense kan ’n geheim hou as twee dood is, maar Sara se geheim is anders: sy is ’n ma wat ’n geheim moet hou om haar seun se lewe te red – al skeur dit ook haar familie uit mekaar.