Dallas Huns, wat deur die gewese SA o.19- en Lions-afrigter Eugene (Loffie) Eloff geslyp word, het Saterdag die voortou in die Amerikaanse Red-River-liga geneem.
Lees meerAlles vir Vrydag 14 April 2017
Gewese Blou Bul teken 24 in Yanks se liga aan
ʼn Gewese Blou Bulspeler het Saterdag 24 punte vir Columbus (Ohio) in die Amerikaanse Middewesteliga aangeteken.
Tiener sterf tydens fratsongeluk in Orania
ʼn Vyftienjarige meisie van Olifantshoek in die Noord-Kaap is Vrydag in ʼn fratsongeluk in Orania dood.
[Foto’s] Bekende kremetart val om
“Ons sou nooit kon dink dat hierdie groot reus, wat al hierdie jare lank so stewig bly staan het, so tragies kon breek nie.”
ToekomsVenster: Jesus genees ʼn verlamde man
Wie bring jy vandag na Jesus toe?
Polisie sê oor BBP-beskerming vir Dlamini-Zuma
Die polisie het Vrydag gesê hy neem met kommer kennis van mediaberigte en spekulasie wat betref beskermingsdienste vir die voormalige voorsitter van die Afrika-Unie, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma.
Blitsbokke dink nie aan reekssege, wil eers Singapoertitel wen
Suid-Afrika, as alles volgens plan in die groepwedstryde verloop, behoort Sondag teen òf Australië òf Argentinië in Wêreldrugby se Singapoer-sewestoernooi te staan te kom.
Busstaking amptelik verby
Die landswye busstaking is amptelik verby nadat drie van die vyf vakbonde ʼn 9%-loonooreenkoms met werkgewers onderteken het, het die SA Transport and Allied Workers Union (Satawu) Vrydag gesê.
Gewapende roof by Noordwes-wildplaas
Een verdagte is in hegtenis geneem nadat vier mans op ʼn wildsplaas naby Wolmaransstad in Noordwes toegeslaan het.
Strawwe teenstand na Twee Oseane se wenstreep verwag
Nadat die onlangse Kaapstadse fietswedren weens ʼn stormsterk wind afgelas moes word, word daar ideale weer verwag vir sekerlik die mooiste ultra-padwedloop ter wêreld, die Twee Oseane, wat vroeg Saterdagoggend in Hoofstraat by Nuweland begin.
Amerikaner verdwyn in Kaapstad
Michael John Miller (28) van Amerika is Dinsdag laas in Muizenberg gesien voor hy verdwyn het.
Persone verkool in Limpopo-ongeluk
Die uitgebrande motor is ʼn Hyundai i20 en enigiemand wat die polisie kan help om die slagoffers uit te ken, word versoek om Groblersdal-polisie te kontak.
Verwarring oor busstaking
Berigte en gerugte dat die busstaking verby is, selfs met ʼn paar busse wat in die straat opgemerk is, is teenstrydig met die vakbond Numsa wat vroeër ontken het dat enige ooreenkoms onderteken is om die staking te beëindig.
Die wittebrood is verby
Dit moes reeds lankal gebeur het, dat die gordel van Suid-Afrikaanse rugby stywer ingetrek word.
Nuus en goeie nuus
Dit is die evangelie wat die grondslag is van die kerk; wat ook aan Afrikaners verkondig is en ons verseker dat die lewe en geskiedenis ten spyte van die mens in die hande van die opgestane Here is.
29 verkool in busongeluk
Altesaam 29 persone is Donderdag dood tydens ʼn botsing tussen ʼn petroltenker en ʼn passasiersbus op ʼn snelweg in Mexiko
Nog geen einde in sig vir busstaking, sê Numsa
Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Vrydagoggend bevestig dat hy nie enige ooreenkoms onderteken het met enige werkgewer in die busbedryf om ʼn einde te bring aan die huidige staking nie.
Maatskaplike werkers: Staking opgeskort
Die National Education Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) het Donderdag gesê hy het ʼn ooreenkoms met die departement van maatskaplike ontwikkeling aangegaan wat ʼn einde beteken vir die vyf week lange staking van maatskaplike werkers.
[Spotprent] Zuma en die verjaardagkersies
Pres. Jacob Zuma het Woensdag sy 75ste verjaarsdag gevier.
Chris Chameleon: Die stortkop-protesoptog
“…op hierdie wonderbaarlike dag was hierdie faktore skynbaar ontoereikend om die opmars van menige wit Suid-Afrikaner te stuit. Ek moet bieg, ek was trots, verlig, verheug,” skryf Chris Chameleon.