Dit was hard, genadeloos en daar is bloed gesweet, maar Tuks het genoeg gedoen om die Varsitybeker vir die volgende jaar staanplek in Pretoria te gee.
Lees meerAlles vir Maandag 17 April 2017
Tweestryd ontwikkel in KZN se Premierliga
ʼn Tweestryd is aan ʼt ontwikkel in die KwaZulu-Natalse Premierliga nadat die eerste drie naweekrondes van die reeks afgehandel is.
Sterk Varsitybeker-droomspan teen Junior Springbokke gekies
Die Maties se kaptein en gereelde heelagter, Craig Barry, sal ’n sterk Varsitybeker-droomspan aanvoer wat volgende week teen Junior Springbokke in Stellenbosch te staan kom.
Boland hoor wantrouemosie aan; geldsake bekyk
ʼn Wantrouemosie, ʼn uitvoerende bestuursverkiesing en die bond se geldsake was onder meer aan die orde by die Bolandse Rugbyunie (BRU) se pas afgelope jaarvergadering in Wellington.
Man gestenig ná rusie oor vriendin
ʼn 23-jarige man is Sondag in Noordwes gestenig nadat ʼn ouer man glo aangelê het by sy vriendin en ʼn rusie ontstaan het.
Blitsbokke teen Kanada, Skotland in Parys se groepfase
Suid-Afrika, voorloper in wêreldrugby se sewesreeks, sal aanstaande maand in Parys in sy groep teen Kanada, die wenner van die afgelope toernooi in Singapoer, te staan kom.
Bejaarde man koelbloedig vermoor ná Paasete
Die polisie het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn man wat Sondagoggend ʼn 74-jarige man koelbloedig vermoor en toe ʼn video daarvan op Facebook geplaas het.
Vermiste SA jagter: Nóg persoonlike items gevind
Nóg persoonlike items van die vermiste beroepsjagter Scott van Zyl is Sondag gevind. Intussen begin DNS-toetse Dinsdag.
RTMC sê Paasnaweek-statistiek skok
Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag gesê die verkeerstatistiek vir die Paasnaweek skok nadat hy tot op daardie tydstip byna 20 000 boetes vir verskeie verkeersoortredings gedurende die naweek uitgereik het.
[Foto’s] Agt in een motor sterf ná trompop botsing
Agt insittendes van een motor is Saterdagaand dood toe hul motor reg van voor met ʼn bus gebots het.
ʼn Tweede pienkvoet vir SA sanger
“Dis ʼn seuntjie! Ons is verheug om die aankoms van ons tweede seun aan te kondig,” het die sanger laat hoor.
Man sterf skielik terwyl hy visvang
ʼn Dokter wat op die toneel was het die man probeer bybring, maar hy is op die toneel dood verklaar. Sy gesondheid was glo goed – daarom is sy dood baie skielik.
Jaco Kriel se tugsaak lyk nie so eenvoudig
Die tugsaak teen die Springbok Jaco Kriel oor beweerde vuilspel Saterdag in ʼn Superrugby-wedstryd teen die Stormers lyk duidelik nie so eenvoudig nie.
Nuuskommentaar: ’n Miljoen stemme vir Steve, ’n miljoen stemme teen Zuma
Een veldtog soek ’n miljoen stemme om Hofmeyr te oorreed om aktief tot die politiek toe te tree, en die ander om druk op pres. Zuma te plaas om die pad te vat. Is ’n miljoen stemme “onbeduidend”, of kan dit ’n belangrike bousteen in ’n omvattender veldtog wees?
Niemand onaantasbaar in Steve se ‘Die onaantasbares’
“Die geweld is hard en die bloed vloei. En dan het ek die heerlike voordeel dat ek polities onverskillig kan wees. Sonder politieke korrektheid het ek vier keer soveel karakters om voor die voet af te maai,” vertel Hofmeyr.
Oom Herrie se kerrie: Die dubbele Saterdag
As ’n reël wikkel oom Herrie maar soggens baie vroeg – dis die stilste tyd om iets soos ’n nuuskommentaar se navorsing te doen en…
HuffPost-blog ʼn ‘hartseer dag vir joernalistiek’
Die skrywer se omstrede blog het geargumenteer dat wit mans vir minstens twee dekades hul stemreg ontsê moet word en dat hulle blameer moet word vir Brexit.
Megaboer neem eie lewe
Die welbekende boer, wat ook op die ‘Megaboere’-reeks te sien was, is dood op sy plaas aangetref.
Etzebeth al hoe meer in skeidsregters se visier
Rugby is nie ʼn spel vir sissies nie, maar daar is ʼn baie fyn lyn tussen beheerde aggressie en vuilspel.
Meer as 800 kg se dagga gekry
Die Noordwes-polisie het Sondag gesê dwelmhandel het ’n opstopper gekry ná die inhegtenisneming van twee vermeende dwelmhandelaars.