Troeteldiere is so ʼn belangrike deel van die gesin: ʼn warm lyf in die winter, goeie geselskap wanneer jy eensaam is, en ook ʼn speelmaat vir die kinders. Maar wat gebeur as jy jou gunsteling-troeteldier by die kinders los? Soms gebeur daar nie veel nie, en ander kere gebeur iets skreeusnaaks …
Alles vir Maandag 24 April 2017
BMW se GS: ʼn Fiets sonder weerga
Die bekendstelling van die 2017-GS-modelle is in Gauteng gehou en die wegspring was by Zwartkops.
Betogings in Noordwes duur voort
Protesaksie is steeds aan die gang tussen Lichtenburg en Coligny in Noordwes waar voertuie Maandagoggend op die R503 met klippe bestook is.
Bylmoorde: Henri gee eerste keer sy weergawe
Henri van Breda, wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers en broer met ʼn byl vermoor het, het Maandag sy weergawe van die aand se gebeure in die Wes-Kaapse hooggeregshof gegee.
Tiener ry meer as 1 000 km sonder rybewys
ʼn 12-jarige seun van Kendall in Australië is Sondag in hegtenis geneem nadat hy duisende kilometers alleen en sonder ʼn rybewys bestuur het.
Loop-en-val-protes
Skaars het die protesstof in die strate gaan lê, of die eerste krake verskyn reeds in die kits-koalisie wat wil hê pres. Jacob Zuma moet die trekpas kry.
Ntlemeza sluip glo terug na Valke-kantoor
Die voormalige Valke-hoof, Berning Ntlemeza, het glo Maandag daarin geslaag om verby ʼn groep joernaliste en betogers by die Valke se kantoor in te sluip.
Die wêreld in foto’s – 24 April 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Pta-man met bakstene, messe aangeval
Die pa van Pretoria is deur vier mans oorval en só hard met ʼn baksteen geslaan dat hy bloeding op die brein opgedoen het.
LLB-akkreditasievereistes bevraagteken
“Ons is bekommerd dat die universiteit nie oop kaarte met studente speel nie.”
Henri pleit dalk vandag
Henri van Breda verskyn Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof in verband met die moord op sy ouers en broer.
Man op rubberboot verdwyn in see
ʼn Man het Sondag tussen Pearly Beach en Dyer-eiland in die Wes-Kaap vermis geraak op sy rubberboot.
Leeu-aanval: Seun steeds kritiek ná ‘benoude oomblikke’
Kristian Prinsloo (11), die Pretoriase skoolseun wat vroeër vandeesmaand deur ʼn leeumannetjie aangeval is, se toestand is steeds kritiek.
Uitdrukking: Blou Maandag
Taaltoffie stel ondersoek in na die uitdrukking Blou Maandag.
‘Vrystaat-plattelanders lewe in vrees’
Vier mense is verlede week in drie verskillende plaasaanvalle in die Vrystaat vermoor.
Hier gaan ons al weer
Die Bokke wat oorsee speel, was verlede jaar een van die Bok-afrigter, Allister Coetzee, se grootste hoofpyne, of só het hy altans gesê.
[Resep] Suurlemoenblokkies
Suurlemoenblokkies klink soos die perfekte smulhappie vir ʼn blou Maandag.
Nuuskommentaar: Die oog op die bal, en nie net op Zuma
Verskeie media-instansies het die afgelope tyd kommer uitgespreek oor die kwessie dat die veldtog teen pres. Jacob Zuma die kollig so bly steel dat ander belangrike nuusgebeure nie die nodige aandag kry nie. Ons kyk vanoggend na enkele sake wat nie deur die nuuskrakies behoort te val nie.
Waarborg dat jy die waarborg verstaan
Ina Opperman verduidelik wat waarborge, “warranty” en “guarantee” behels.
Toutrek oor Gibraltar ná Brexit-besluit
Daar is egter ook aanduidings dat die hernieude bekgeveg oor Gibraltar net deel is van die Spaanse en EU-regering se strategie om die maksimum uit die “egskeiding” te kry.