ʼn Tiener wat besig was om branderplank te ry, is Saterdagmiddag deur ʼn haai gebyt, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.
Alles vir die maand April 2017
Vrot Rebels had geen antwoord toe Kings begin hardloop nie
Verloor word ʼn gewoonte, sê hulle, maar die teenoorgestelde is ook waar.
Geil punte-oes vir drie in Supersportreeks
Drie losskakels het elk ʼn geil punte-oes ingesamel in die naweek se Supersportreeks, wat ook sy kwota naelbytstryde opgelewer het.
Saders se kliniese aanvalle te veel vir Cheetahs se keerwerk
Die Crusaders was nie op hulle beste nie, die Cheetahs was goed met die bal in die hand en dit was ʼn lekker wedstryd in die Vrystaatstadion waar die Kiwi‘s Saterdag met 48-21 gewen het.
Man sien hoe broer verdrink
Twee broers van Pietermaritzburg het in die see geswem toe een van hulle in die moeilikheid beland het.
BBRU-liga: Centurion en TUT veg goed terug
Twee puik terugvegpogings het die afgelope week die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se klubreekse gekenmerk.
Veiligheidswag tydens rooftog doodgeskiet
ʼn Veiligheidswag is Saterdagoggend in Delft in Kaapstad tydens ʼn rooftog doodgeskiet.
Fica: ‘Zuma se geldsake moet eerste ondersoek word’
Daar is intussen kommer dat die inwerkingstelling van die Fica-wet vertraag kan word.
Lions leef swaar maar kry bonuspunt
Die Lions was miskien nie gelukkig om te wen nie, maar hulle moes hard werk om die Force Saterdag in Perth met 24-15 onder te kry nadat Lions-ondersteuners met rukke in die tweede helfte seker maar taamlik benoud was.
Meisie (7) verdrink amper
ʼn Dokter wat op die toneel was, het noodbehandeling op die meisie toegepas nadat sy uit die swembad gehaal is.
Raaisels oor Ötzi en ‘Adidas-dame’ ontrafel
Die raaisels oor die oorsake van dood van twee antieke figure wat om verskillende redes opslae gemaak het, is kort ná mekaar ontrafel.
KZN-liga: strafskop vir ‘voor die bal’ laat raai
Bid jou aan: ʼn strafskop word toegeken teen ʼn span wat glo by ʼn inskop van die 22 m-lyn voor die bal is.
Beloning uitgeloof ná seun se dood
Dit is al langer as ʼn maand en Anita Greyvenstein soek steeds antwoorde oor wat in die vroeë oggendure van 19 Maart met haar 18-jarige seun gebeur het.
Nog ʼn plaasaanval in die Vrystaat
ʼn Boer is verskeie kere met ʼn mes gesteek tydens die vierde plaasaanval in net meer as ʼn week in die Vrystaat.
Waarskuwing ná talle haaie by Plett opgemerk is
Volgens die NSRI is die toename in haaie normaal vir dié tyd van die jaar.
Bokspeler moes rowers glo rondry
“Ure later het hy veilig by ons twee aangekom en ons prys God dat Hy letterlik al sy engele om ons gehad het in hierdie tyd.”
UK gekap oor verwydering van kunswerke
Breyten Breytenbach het reeds uitgevaar teen die universiteit en hul besluit om die kunswerke te verwyder as “fascisme” bestempel.
Renjaer sterf ná ongeluk tydens byeenkoms
Die ongeluk het by die Phakisa-renbaan in die Vrystaat plaasgevind.
Fireballs lui naweek in met sege oor die Flames
Die Brutalfruit Netbal-premierliga is Vrydag voortgesit by die Universiteit van Tegnologie in Durban waar die Oos-Kaapse Aloes met 38-26 teen die Sunbirds van Mpumalanga gewen het en Gauteng se Golden Fireballs met 48-44 teen die Flames van Noord-Wes baas was.
Zuma teken Fica-wetsontwerp
Die wysigingswetsontwerp is vroeër bestempel as ’n komplot om die ANC “so bankrot soos die hel te maak” voor die nasionale verkiesing in 2019.