Die verdedigende Asiatiese kampioen, Japan, was Saterdag in Tokio skielik ʼn ander span teen Suid-Korea nadat hy sy verdediging merkbaar opgeknap het.
Alles vir Maandag 1 Mei 2017
Maimane by Werkersdagvieringe in Kaapstad
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, sal Maandagoggend ʼn toespraak lewer by sy party se Werkersdagvieringe by die Blue Downs-stadion in Kaapstad.
Woord vir die week: negosiekas
Taaltoffie stel ondersoek in na die gebruik van die woord “negosiekas”.
Alle oë op Werkersdagvieringe in Bloemfontein
Alle oë is Maandag op die Werkersdagvieringe in Bloemfontein, waar pres. Jacob Zuma na verwagting die vakbondfederasie Cosatu gaan toespreek.
[Resep] Boerewors-en-koeskoes-slaai
[Resep] Boerewors-en-koeskoes-slaai
Nuuskommentaar: Werkersdag nou politieke slagveld danksy Zuma?
Hoewel Werkersdag vandag gevier word, is baie Suid-Afrikaners se aandag elders vasgevang – die veldtog om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak. Trouens, Werkersdag en die anti-Zuma-veldtog kan vandag tot ’n groot mate ineenvleg. Terselfdertyd durf ons nie te vergeet van die miljoene mense wat nie werk kan kry nie, en wie se gesinne gevolglik broodgebrek lei.
Geen veldtog om ANC-president te verkies nie, sê Mbete
Baleka Mbete, ANC-voorsitter en speakter van die nasionale vergadering, het gesê daar is nie enige veldtog tans aan die gang vir die presidentskap van die ANC voor die party se verkiesingskonferensie in Desember nie.
Voortvlugtiges op Mpuma-plaas aangekeer
Twee persone, wat uit die polisie in Machadodorp in Mpumalanga se aanhoudingselle ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Grond bly knelpunt
Sedert die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika is grondbesit, -hervorming en -herverdeling ʼn emosionele kwessie vir Suid-Afrikaners weerskante van die spektrum. Dit lyk of dié kwessie vanjaar op die spits gedryf kan word.
Gedagte vir die dag: ’n Leuen kan ’n lewe verwoes
’n Vals getuie bly nie ongestraf nie; wie leuens kwytraak, kom nie vry nie. ʼn Vals getuie bly nie ongestraf nie; wie leuens kwytraak, gaan tot niet. ’n Vals getuie gaan sy dood tegemoet. ’n Betroubare getuie se getuienis het betekenis. (Spreuke 19:5, 9; 21:28)
Skok en verrassing in Europese kampioenskap
ʼn Skok enersyds en verrassende sterk teenstand andersyds het verseker dat Saterdag se wedstryde in Rugby Europa se kampioenskap alles behalwe na verwagting verloop het.
Sewe uit Suid-Afrika geel kaarte in Europa gewys
Minstens sewe spelers uit Suid-Afrika is die afgelope naweek met geel kaarte in die Europese rugbyreekse gestraf.
Derde 20-tal op ʼn ry vir Willie in Franse reeks
Die gewese Cheetahs-losskakel Willie du Plessis het Sondag sy derde twintigtal op die ry af in die Franse Top14-liga aangeteken.