Die baie min stukkies goeie spel kan nie verbloem dat die Bulls se vertoning Saterdagaand op Loftus een van die heel vrotste in hulle geskiedenis was nie.
Lees meerAlles vir Saterdag 6 Mei 2017
‘Voetganger’ sterf toe vragmotors rol
Daar word tans ondersoek of ʼn man wat Saterdag in die vroeë oggendure dood is nadat twee vragmotors op die N3 in die Vrystaat omgeslaan het, moontlik ʼn voetganger was.
Begrafnis gehou ná 20 in ongeluk sterf
Die begrafnis van 17 van die 20 mense wat op 21 April gesterf het nadat ʼn minibus teen ʼn vragmotor op die R25-pad buite Bronkhorstspruit gebots het, is Saterdag in Verena in Mpumalanga gehou.
Dié gehalte rugby sal nie toeskouers lok nie
In ʼn land waar daar kommer is oor toeskouerbywoning van wedstryde, het die Sharks vir die tweede opeenvolgende wedstryd op Kingspark niks gedoen om dié neiging te stuit nie.
Adam weer in hospitaal
Die Afrikaanse sanger Adam Barnard is weer in die hospitaal opgeneem.
‘Misdaad dryf kundiges van plase af’
Mosioua Lekota, leier van Cope, het ’n donker prentjie geskep van hoe die verslegtende landboutoestande en situasies op plase Suid-Afrika stelselmatig afwaarts druk en tot erge armoede en werkloosheid aanleiding gee.
Kleuter val 14 verdiepings na sy dood
‘n Woordvoerder van die polisie het gesê die seuntjie se ma was glo onder die indruk dat hy slaap toe die voorval gebeur.
Motoris onder voertuig saamgesleep
ʼn Motoris is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagaand tydens ʼn botsing uit sy voertuig geslinger en deur ʼn tweede voertuig verder gesleep is.
Kinderhuis-aantygings: ‘Dit was leuens’
Die meisies kan op die video gesien word waar hulle in hul skoolklere vertel dat hulle een aand sonder kos buite die kinderhuis moes slaap. Hulle beweer ander kinders het hulle “deur die tralies” probeer kos gee en dat dié kinders toe ook gestraf is.
Misdaadkrisis in SA lok honderde na veiligheidsberaad
“Ons sal beter slaap as ons beter as misdaadbendes georganiseer is. Die goue driehoek is van groot waarde om geweld beter te voorkom.”
Vrystaat, SWD oortref verwagtinge
Die Supersportreeks het Vrydag twee strawwe kragmetings opgelewer, met die Vrystaat en Suidwestelike Distrikte wat sterker teenstand gebied het as wat dalk verwag is.
Lions voorspelbaar maklik baas teen die Rebels
Die Lions het Saterdag op ʼn drafstap met die Rebels in Melbourne klaargespeel. Met die oorwinning van 47-10 beweeg hulle steeds nader aan die eerste plek in die Afrika 2-groep.
Frik du Preez herstel goed ná hartaanval
Frik du Preez, die rugbylegende en voormalige Springbokslot, is goed aan’t herstel ná sy hartaanval Donderdag.
Oud-Bulls-afrigter herskik Tsjeggiese rugby
ʼn Gewese Bulls-afrigter het opdrag gekry om Tsjeggiese rugby so te sê in sy geheel te herskik.
Lyke in stroom gevind
Volgens die polisie het albei mans bytmerke aan hul koppe, nekke en ledemate gehad.
Twee van SA hardloop goud los in Diamantliga
Twee Suid-Afrikaanse atlete het Vrydag in Doha goud by die IAAF se eerste Diamant-ligabyeenkoms van die 2017-seisoen losgehardloop.
Drie sterf, 7 beseer toe voertuig omslaan
“Die vragmotorbestuurder is onmiddellik in hegtenis geneem.”
Pastoor ‘is getraumatiseerd’, hoor hof
“Hulle het my gegryp en uit die toilethokkie gedwing. Vier of vyf mans het die badkamer binnegekom en my gestamp. Ek was bang en niemand het my regte aan my verduidelik nie.”
Drie vas oor heroïen van R100 m.
Die polisiewoordvoerder het gesê die voertuig is op unieke wyse aangepas om die dwelms te vervoer.
Gedagte vir die dag: Jy sal sing omdat jy glo
Sing tot eer van die Here ’n nuwe lied, sing sy lof oor die hele aarde. (Jesaja 42:10)