Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Alles vir Maandag 8 Mei 2017
[Foto’s] Padtoets: Honda BR-V 1.5 Comfort
Die Honda is netjies ontwerp en sy slim versierings laat hom taai lyk. Die binneruim is eenvoudig uitgelê en van duursame materiale gemaak. Die meeste luukshede wat jy sou benodig as ma-wa-bestuurder van lugreëling tot lugsakke is daar.
‘Sluipmoorde’-saak: Man hoor oor borgtog
Ramosebudi (33) is op 26 April in hegtenis geneem nadat “kommunikasiemateriaal onderskep is oor moontlike sluipmoordplanne”.
Plaashuis gebrand ná Coligny-hofuitspraak
Woedende inwoners van Coligny in Noordwes het Maandag ʼn huis op ʼn nabygeleë plaas aan die brand gesteek nadat die hof twee mans van die dorp op borgtog vrygelaat het.
Vrou neem glo eie lewe deur van brug te spring
“Sy het verdrink en daar was ongelukkig niks wat ons vir haar kon doen nie. Sy is op die toneel dood verklaar.”
[Foto’s] Africa Bike Week: ʼn Fees wat terugploeg in die gemeenskap
Die gemeenskap kry ʼn geraamde R10 miljoen-inspuiting per fees en plaaslike besighede baat ook. Die organiseerders het ook hul steun toegeken aan die burgemeester se projek om plaaslike skole se boekeskat aan te vul.
Trevor Noah kry gesogte toekenning
Die komediant, wat deesdae in die gesogte Stella Tower in New York woon, het die toekenning aan sy ma opgedra.
[Resep] Terijaki-en-roosmaryn-biefsosaties
Kyk net hoe pragtig lyk dié, en jy maak dit sommer in ʼn japtrap.
Seksuele aantygings by spogseunskool ondersoek
“Die versuiming van die skool om hierdie ernstige bewerings aan te meld blyk soos ʼn poging om die kwessie onder die mat in te vee.”
Macron wen, maar nou begin verkiesingstryd
Emmanuel Macron, wat baie onlangs nog haas onbekend was, word na verwagting Sondag as die nuwe Franse president ingehuldig.
Coligny-moordsaak: Twee hoor oor borgtog
‘Die hof sal nie gyselaar gehou word nie’
Die probleem met gelykheid
“Miskien moet ons begin praat van gelyke vryheid vir almal.”
[Foto’s] Ontmoet vanjaar se ‘Boer soek ʼn vrou’-manne
Die tiende seisoen van dié gewilde reeks hou talle verrassings in.
Boere en polisie trek renosterstropers vas
Die verdagtes is in hegtenis geneem danksy samewerking tussen die polisie en boere in die omgewing.
Modderstoei en polarisering sal Macron vaspen
Emmanuel Macron het die Franse presidentsverkiesing op 7 Mei gewen, maar Frankryk bly diep verdeeld, skryf dr. Heinrich Matthee.
Seun (6) oorleef gru-ongeluk: ‘Hy is ʼn vegter’
“Net toe ons daar stilhou, het my vrou geskree: ‘Daar lê Janco!’”
Woord van die week: ontbyt
Taaltoffie stel ondersoek in na jou gunsteling-maaltyd van die dag.
Werker vas ná rooftog by Pta-restaurant
ʼn Vierde verdagte is oor die naweek in hegtenis geneem in verband met die rooftog by More-restaurant in Centurion verlede week.
Oom Herrie se kerrie: Tel (soms) die woorde
Kom die knaap by die gewraakte woord, sê hy “bekiek”. Die dosent stop hom net daar – dis verkeerd, en hy moet weer begin.
Nuuskommentaar: Jacob Rondrits se wegjaagkarretjie
Die grens tussen magsvertoon en om as bang uitgebeeld te word, is egter bitter klein, en sy weghol-taktiek help nou nie om hom as iets anders as ’n lafaard uit te beeld nie – boonop een met intelligensiedienste wat hom ook liederlik met veiligheidsinligting in die steek laat.