“Dit is voorwaar lekker om te sien hoe Suid-Afrikaners teen misdaad kan saamstaan – julle is ware kampioene.”
Alles vir Dinsdag 9 Mei 2017
Opedag by Aros: Bekom ʼn wêreldklas onderwysgraad!
Studente het die voordeel om hul onderwys prakties te doen terwyl hulle studeer.
Wit mense weer die slaansak
Wit mense se bydrae in die huidige Suid-Afrika, ten spyte van vele struikelblokke, is enorm. Dit kon egter soveel meer gewees het as wit mense nie deur wetgewing en beleidsraamwerke soos swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie uitgesluit word van die ekonomie nie.
Pta-bejaarde deur honde verskeur
Oudsupt. Tom Chapman (74) het Maandagoggend, half verlam, verwoed geveg om twee honde met sy regterhand van sy gesig af weg te hou nadat dié hom buite sy huis aangeval het.
Seile ingespan om satelliete gouer te laat uitbrand
Gewoonlik word aan seile in die ruimte gedink as ’n manier om ruimteskepe teen geweldige hoë snelhede op die wieke van die sonwind te laat vaar.
Veearts skiet vrou: Niemand nog in hegtenis geneem
“Hy sê dat hy net ʼn donker figuur gesien het, sy het gegil en hy het ʼn skoot afgevuur.”
GLRU-liga: Raiders verdelg eertydse SA kampioen
Nog een van die hartseerverhale van superklubs uit die amateurera wat in die beroepsbedeling sukkel, het Saterdag in Johannesburg afgespeel toe Raiders eenvoudig ʼn eertydsse SA klubkampioen en meermalige wenner van die Pirates-grootuitdaagreeks verdelg het.
Maimane: ‘Reg in eie hande nié die oplossing’
“Die mobilisering van inwoners moet ʼn einde kry. Dit is onverantwoordelik en gevaarlik om mense aan te moedig om wapens op te neem. Daar is net ʼn klein vonkie nodig vir die ding om in ʼn groot en gewelddadige voorval te ontaard en nie een demokratiese burger wil dit hê nie.”
Boek: ‘Om te skryf’
Hoe leer mens om te skryf? Skaf Om te skryf aan en ontdek die vreugde van skryf in Afrikaans!
Misdaad kán met goue driehoek verslaan word
AfriForum en die Solidariteit Beweging gaan ons mense nie alleen laat nie. Ons gaan op die voorpunt van die stryd teen die misdaadplaag veg tot ons saam die stryd gewen het. Gemeenskapskrag is sterker as misdaadmag.
Oorgeplante hart klop al vir 24 jaar
Diep in die nuwe hart is hy steeds daardie taai boerseun van vroeër. Hy het só ver gekom. Twee dosyn jaar met iemand anders se hart.
Waardevolle tiara uit museum gesteel
ʼn Waardevolle tiara wat dateer van die begin van die 20ste eeu, is uit ʼn nasionale museum in Duitsland gesteel.
[Video] Man plaas emmer water in woestyn: Kyk wat gebeur
John Wells, ʼn man wat tans in die middel van nêrens woon, het ʼn kamera op die bodem van ʼn emmer geplaas en die emmer vol water in ʼn dor omgewing geplaas om te sien wie almal van die water kom drink. Die resultaat is pragtig!
Bejaarde paar in huis aangerand
Die vrou (81) het erge kopbeserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand.
Ruimteteleskoop gaan 100 dae lank bibber
Die James Web-ruimteteleskoop wat na verwagting volgende jaar gelanseer gaan word, gaan nou byna 100 dae in ’n vertrek deurbring waarvan die temperatuur uitsonderlik koud gestel kan word.
Een vas ná aanval op Brits-melkplaas
ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn melkplaas buite Brits in Noordwes oor die naweek, skaars drie jaar nadat…
[Foto’s] Padtoets: Mazda CX-5 2.2DE AWD Akera
Mazda klop die afgelope drie jaar telkens hul doelwitte in Suid-Afrika. Hulle het ʼn indrukwekkende produkreeks en dié 2.2DE pas mooi op die boonste rang van die CX5-leer, skryf Brendon Staniforth.
Kwotas baat nóg wit, nóg swart: Ontwikkeling die enigste kuur
Ons durf nie toelaat dat kwotas afbreuk doen aan hierdie prestasies nie. Niemand vind baat by ʼn rassegebaseerde kwota nie – nie die spelers nie en ook nie die toeskouers nie en nog minder die land.
Karlien van Jaarsveld deel groot nuus
“Dis nog early days, maar my hart loop oor van dankbaarheid.”
[Resep] Slaai met appel en eier plus ʼn veelsydige slaaisous
Dis amper winter, maar daar is nog gereeld ʼn sonskyndag of twee, wat ʼn mens lus maak om nog ʼn kraakvars slaai vir middagete te geniet. Hier is ʼn maklike resep met appel, eier, avo en kekerertjies.