Suid-Afrikaanse rugbyspelers wat oorsee speel of gaan speel met die gedagte om sommer gou daar te kwalifiseer om toetsrugby te speel, se droom is verby.
Alles vir Woensdag 10 Mei 2017
[Foto’s] Padtoets: Suzuki Baleno 1.4 GLX
Die ontwerp van die Baleno val in plek en ooreenstemming met Suzuki se tema. Die karretjie is mooi afgerond en ietwat sportief dog heeltemal modern. Die binneruim is net so aangenaam, skryf Brendon Staniforth.
NW-premier vra vir kalmte in Coligny
ʼn Groot polisieteenwoordigheid is intussen in Coligny ontplooi, waar die situasie steeds gespanne is terwyl betogers eis dat Doorewaard en Schutte se borgtog teruggetrek word.
Jhb-protesaksie: Planne om onrus te ontlont
Die polisie en die Johannesburgse metro-polisie het kragte saamgesnoer om weer kalmte in Johannesburg se nedersettings te probeer herstel.
ʼn Tyd om saam te bid
“Dit is belangrik om tot stilstand te kom en God te vra om ons die pad vorentoe te wys. So kan ons deel van die antwoord word vir hierdie tye.”
WB-loting saam met All Blacks het vir Bokke ʼn silwer randjie
Suid-Afrika is Woensdagoggend in Tokio vir die 2019 Wêreldbekertoernooi in groep B saam met Nieu-Seeland, Italië, Afrika 1 en die uitspeelwenner van die nie-kwalifiseerders geloot.
Hoe seker is Homo naledi se ouderdomsbepaling?
’n Groot leemte in die 2015-aankondiging van die ontdekking van Homo naledi is vandeesweek aangeraak.
’n Tydsreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030
“Die voormalige Anglo American- uitvoerende beampte Bobby Godsell het onlangs die eertydse president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, Jan Brand, aangehaal toe hy gesê het, “Alles sal regkom as elkeen sy plig doen”. Deel van dié plig is om eerlik te wees oor die toestand waarin die land nou is.”
Eerste elektriese bus in SA vervaardig
Suid-Afrika het pas sy eerste elektriese bus vervaardig, en die resultaat is indrukwekkend. Die EV Green is ʼn elektriese bus wat ongeveer 400 km kan…
Bibberweer op pad
Inwoners van Gauteng kan ook gereed maak vir ʼn ysige naweek, met ʼn kouefront wat die Wes-Kaap gaan tref.
Grootste twiet ooit onttroon – deur hoenderhappies
ʼn Tiener van die Amerikaanse deelstaat Nevada het die sosiale netwerk Twitter se voorheen gewildste twiet óóit, wat meer as 3,4 miljoen keer hertwiet is, onttroon met ʼn twiet oor hoenderhappies.
Man op Noordwes-plaas geskiet
ʼn Man is Dinsdag per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem nadat hy tydens ʼn aanval op ʼn plaas buite Brits in Noordwes geskiet is.
[Resep] Susan se soeterige Sondaghoender
Die patats met die skil in die plek van aartappels verlaag die ete se GI en is gesonder as aartappels. Die klappermelk, saam met die patats, gee die gereg ʼn soet smakie. Die gereg is vinnig om op ʼn Sondagoggend voor kerk gereed te kry, en dan gou in die oond te druk sodra jy by die huis kom, skryf ʼn Maroela-leser, Susan van Pretoria.
Beloning as gronddiefstal kan bewys
“Moenie toelaat dat die leuen aanhou om die rigting te bepaal nie.”
Herrie oor Nazi-plakkate by US
ʼn Storm het op sosiale media losgebars oor plakkate wat ontwerp is om soos historiese Nazi-propogandaplakkate te lyk, wat op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US) opgeplak is.
Masels: Inentingsveldtog van stapel gestuur
Dit volg ná daar 17 bevestigde gevalle in Gauteng voorgekom het.
Frankryk se paradoks-legkaart
Dus, liewe leser, vergewe my wanneer ek die Franse verkiesingsuitslag vandag gaan probeer verklaar. Dis natuurlik aansienlik ingewikkelder as wat ek dit hieronder doen, skryf Leopold Scholtz.
12 vas wat verdagtes glo help ontsnap
ʼn Dramatiese toneel het hom Dinsdag voor die landdroshof in Barberton, Mpumalanga, afgespeel toe ʼn groep mense ʼn polisievangwa omgegooi en ses verdagtes help ontsnap het.
Lesersbrief: ʼn Brief aan jou, die ander mamma
Soms kan ons nie ons lewe of ons kinders kies nie, maar ons mammas kan kies om mekaar met woorde ondersteun, skryf Gerda Smit.
Die eerlikheid van broodbak
ʼn Broodbakoggend begin vroeg op sy stoep langs die groot populierbos met ʼn loflied. ʼn Loflied aan suurdeeg.