ʼn Woordvoerder het gesê die 93-jarige president Robert Mugabe van Zimbabwe slaap nie in vergaderings nie, hy beskerm net sy oë.
Lees meerAlles vir Donderdag 11 Mei 2017
Boland durf SWD met nuwe skakelpaar aan
Die Boland Kavaliers durf die SWD Arende Vrydag in hul wedstryd in die Supersportreeks op Outeniekwapark in George met ʼn nuwe nuwe skakelpaar aan.
Rektor skors studente betrokke by plakkaat-voorval
Prof Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), het besluit om drie studente wat verbind word met die Nazi-agtige plakkate op kampus, voorlopig te skors.
Randfontein-pa wat stiefdogters verkrag hoor eers dan sy lot
ʼn 51-jarige man, wat sy stiefdogters verkrag en onsedelik aangerand het, het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn, maar die saak is uitgestel omdat die regter se skootrekenaar verdwyn het.
Sambokmoord: Oud-ANC-jeugligaleier sit lank
Patrick Wisani, die voormalige leier van die ANC-jeugliga, wat skuldig bevind is op aanklag dat hy sy meisie vermoor het, is Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis.
SWD Arende lê snoeiskêr kwistig in
Die SWD Arende se afrigter, Rynhard van As, het ná die afgelope nederlaag teen Grens in Oos-Londen die snoeiskêr kwistig ingelê vir Vrydag se kragmeting op Outeniekwapark in George teen Boland.
Bylmoorde: Geen teken van inbreker, sê polisiekaptein
ʼn Polisiekaptein van Stellenbosch het Donderdag aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê dit het nie gelyk of daar by die Van Breda-gesinshuis ingebreek is nie, aangesien niks gesteel is nie en daar geen tekens van ʼn inbreker was nie.
VN gevra om SA te besoek oor vreemdelinghaat en haatspraak
Solidariteit het vandag deur middel van ʼn spesiale prosedure van die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie versoek dat ʼn span onafhanklike kundiges Solidariteit se klag oor die gevaar van handhawing van dubbele standaarde ten opsigte van rassisme ondersoek.
ToekomsVenster: Hoe lank nog vra, vergewe my?
Na alles, waarom is dit so moeilik (vir Christene) om jammer te sê, weer en weer as dit nodig is?
Organisasies kan nie appelleer oor Afrikaans op Tukkies
Die regspan van die organisasies sal die uitspraak oor die weiering van verlof tot appèl bestudeer en aan die hand daarvan oor verdere optrede in dié saak besluit.
Man (52) neem eie lewe op NWU-kampus
ʼn 52-jarige man het Woensdagmiddag sy eie lewe geneem in ʼn werkswinkel op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.
Ma waarsku ná tienerseun hartaanval kry
“Sy dokter het ook vir my gesê as Marko op sy bed bewusteloos geword het en ek gedink het hy slaap, hy dalk nie Maandagoggend sou wakker word nie.”
Groot ongelukkigheid oor PnP se dierekaarte
Talle klante van die kettingwinkelgroep Pick n Pay het hulle tot sosiale media gewend om hul misnoeë oor dié groep se sogenaamde Super Animal Cards uit te spreek.
[Foto’s] Disney-prinsesse gebruik om ‘kwessies’ uit te lig
WAARSKUWING: Die foto’s wat volg is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.
[Foto’s] Plakkate in dieretuine waarsku op kreatiewe manier
Dieretuine van reg oor die wêreld doen baie moeite om die gaste wat kom kuier veilig te hou van die wilde diere, maar soms is dit die ménse wat nie so lekker wil hoor nie. Kyk net hoe kreatief raak dieretuine met hul waarskuwings …
Die wêreld in foto’s – 11 Mei 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Bulls verander sewe, insluitende kaptein Adriaan Strauss
Die Bulls se kaptein Adriaan Strauss is weens ʼn voetbesering nie vir Saterdag se wedstryd op Loftus teen die Highlanders oorweeg nie.
[Resep] Gebakte pasta met kerrie-botterskorsiesous
Hierdie is een van daai “goedvoel”-resepte – perfek vir die koue weer wat op pad is.
‘Dís hoe en hoekom ek my ma vermoor het’
Pieter le Roux het in sy pleitverduideliking sy motief agter dié moord bekend gemaak en ook in ʼn gedetailleerde opsomming vertel hoe sy ma gesterf het. Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.
Moot-hondeaanval: ‘Onder omstandighede gaan dit goed’
Oudsupt. Tom Chapman (74) word steeds in die waakeenheid van ʼn Pretoriase hospitaal behandel nadat ʼn buurman se twee honde hom Maandagoggend buite sy huis aangeval en verskeur het.