In die lig van die onlangse gebeure in Coligny en talle ander voorvalle fokus Jerm hierdie week in sy tekenprent op dit wat hy die “nuwe nasionale dialoog” noem.
Alles vir Vrydag 12 Mei 2017
‘Sassa-aftrekkings moontlik strydig met wet’
Hoewel die hooggeregshof in Pretoria onlangs beslis het dat aftrekkings wel van die maatskaplike toelaes gedoen mag word, verbreek dit moontlik steeds die Wet op Verbruikersbeskerming.
PE-betogings eis een; ander beseer
ʼn 23-jarige man is oorlede en sowat drie ander ernstig beseer te midde van ʼn gewelddadige protesaksie in die noorde van Port Elizabeth.
Vermiste vrou dood aangetref
Volgens die familie het die vrou se ekskêrel intussen skuld aan die moord beken, voor hy die familie na die toneel gevat het. “Dis vir ons veral baie erg, omdat haar liggaam onherkenbaar was,” het ʼn familielid gesê.
KZN-plaasmoord: ‘Hy is aan die brand gesteek’
ʼn Man van die beskermingsdienste-groep, wat ook op die toneel was, sê die verkoolde oorskot van die man se liggaam is iets wat hy “nog nooit voorheen in sy lewe gesien het nie”.
Gedagte vir die dag: Jy is so, so kosbaar
Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet … (Jesaja 43:4)