‘n Forensiese deskundige het getuig die beserings wat Henri van Breda op die dag van sy familie se bylmoorde opgedoen het, lyk grotendeels asof dit self toegedien is.
Alles vir Vrydag 19 Mei 2017
Oorsaak van sanger se dood bekend
Sy liggaam is op die badkamervloer van die hotelkamer aangetref.
[Foto’s] Terreur glo nie rede vir Times Square-voorval
“Toe ons die motor sien, was daar klaar vyf of ses mense op die enjinkap, so ek kon nie regtig die bestuurder sien nie.”
Blou Bulle met Supersport-penarie in leeukuil
Die Blou Bulle sit Saterdag met ʼn ernstige penarie in die Noorderafdeling van die Supersportreeks.
Tekenprent: Radikale ekonomiese transformasie
Jerm gee sy interpretasie van hoe “radikale ekonomiese transformasie” tans in Suid-Afrika toegepas word.
Tel jou woorde: Athlone
“Ek is daar weg, ontstig oor al die goed wat ek elke dag so vanselfsprekend aanvaar: Om te kan sien, om te kan lees, om te kan naslaan, om te kan vra, om ʼn onderwyser vir elke graad te hê, om te kan weet die wolke stoot uit die weste in en as daar ʼn morrige bruin strook op die horison lê, moet jy jou sambreel saamvat skool toe…”
Verbruikerskommissie begin vakansieklubs ondersoek
“Ek dink dit is walglik dat die leiers van hierdie bedryf hulle vir so lank kan blind hou vir die onophoudelike pyn en lyding van verbruikers.”
Man in Randburg deur trein doodgery
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Donderdagaand in Randburg in Gauteng dood toe hy glo probeer het om op ʼn bewegende trein te spring.
Wildtuin waarsku teen malaria
Die Krugerwildtuin het gaste gewaarsku om voorsorgmaatreëls te tref teen malaria voor hulle die park besoek.
Vier vroue met leeudele betrap
WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.
Nuuskommentaar: Die groot sinkgat onder verkeerskruising
Die groot sinkgat onder ’n besige kruising in Centurion kan as simbool ingespan word van ’n land wat ’n kruispad bereik het en ’n nuwe koers moet inslaan… maar dit kán nie ’n kruispad met ’n groot sinkgat onder wees nie, want dan is ’n stofwolk en ’n groot gat die onafwendbare gevolg.
Vandag se sportnuus
Kyk hier vir die bepalings van die naweek se Superrugby.
Nog lyke in myn gevind; 11 vas
“Die liggame wat al heeltemal ontbind het se identiteit sal deur middel van DNS-toetse vasgestel word.”
Die naweek se Superrugby: nog sooibrand vir die Bulls?
Waar het dinge vir die Bulls verkeerd geloop?
Mynbaas en werker sterf ná ure ondergronds
ʼn Mynbaas en ʼn werker is dood nadat hulle Donderdag ure lank ondergronds in Primrose, Germiston, vasgekeer was.
Motsoeneng se verhoor uitgestel
Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, se dissiplinêre verhoor is Donderdag uitgestel.
[Resep] Mayonnaise-braaihoender
Al is Moedersdag verby, beteken dit nie dat jy nie meer jou ma kan bederf nie.
Seuntjie (7) dood ná motor hom tref
Toe die paramedici op die toneel kom, het hulle die seuntjie se lewelose liggaam op die sypaadjie sien lê. Hulle kon wonderbaarlik daarin slaag om weer ʼn polsslag by hom te kry.
Pta-hoofweg gesluit ná ongeluk
Talle motoriste is Vrydagoggend weereens in die verkeer opgehou ná ʼn gedeelte van die R21-snelweg vir verkeer gesluit is nadat twee afsonderlike ongelukke die verkeer gekniehalter het.
Zuma besoek Courtney se familie, toneel
Zuma het aan die media gesê hy dink genoeg is nou genoeg en Suid-Afrikaners kan nie toelaat dat dié tipe ding gebeur nie.