In weerwil van ʼn rooi kaart aan sy binnesenter het die Shimlas Saterdag ʼn wegholoorwinning oor Collegians in die reeks om die Vrystaatse Rugbyunie (VSRU) se Stadsbeker behaal.
Lees meerAlles vir Dinsdag 23 Mei 2017
Kuga-saga: Reshall Jimmy is glo geskiet, sê Ford-baas
“Ek weet Ford SA het ʼn mandaat van hul hoofkantoor om die saak te skik, maar ek weet nie hoekom Nemeth sal aanhou om dié soort aantygings te maak nie.”
AfriSake tree toe tot Pienaarspoort-grondgrype
“Dit is belangrik vir grondeienaars, spesifiek diegene wat landbougrond besit, om hul eiendom te beskerm en so gou as moontlik teen enige onwettige besetting op te tree.”
“One Settler, One Bullet” – AfriForum Jeug lê klag
AfriForum Jeug het Dinsdag ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien teen studente van die Universiteit van Pretoria (UP) wat op kampus rondgeloop het met hemde waarop “One Settler, One Bullet” gedruk is.
Soektog na 10 wat Nelspruit-sentrum beroof
“Hulle het daarna gelyktydig op die twee winkels toegeslaan, die personeel met vuurwapens aangehou en ʼn verskeidenheid juwele gebuit.”
ANC wag vir amptelike kennisgewing oor Zuma-verbod
“Die ANC het nog nie enige formele kommunikasie in die verband ontvang nie, en ons kan dus nie kommentaar lewer totdat daar ʼn gesprek met Cosatu is nie.”
Eskom, Brown se aanbieding kom neer op meineed, sê ANC
Die ANC het Eskom en die minister van openbare ondernemings, Lynn Brown, se aanbieding in die parlement as “onsamehangend” beskryf en gesê die regering moet “beslissend” optree.
Proteas skaaf vir oulaas vir Engeland voor Kampioenereeks
Of dit genoeg voorbereiding was, sal Woensdag se eerste eendagwedstryd teen Engeland leer, maar die Proteas het in hulle twee voorbereidingswedstryde teen Sussex en Northamptonshire heel skaflik gevaar.
Lewenslank vir man wat kinders ontvoer, verkrag
ʼn 41-jarige man is in die Germiston-landdroshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag dat hy minderjariges ontvoer en verkrag het.
ToekomsVenster: Nie ‘sodat’ nie, maar ‘omdat’
Here, help my om nie ’n dam te wees wat u genade probeer vasvang nie, maar ’n rivier waardeur dit na die wêreld kan vloei.
Lions het vir Warren se deurbraak gesorg
Warren Whiteley, wie se talent by die Sharks nie raakgesien is nie en uiteindelik deur die Goue Leeus en Lions by die OP gaan haal is, het Dinsdag Suid-Afrika se 58ste kaptein geword.
Man vas oor Manchester-bomaanval
Een van die slagoffers was agt jaar oud. ’n Groep het intussen ook verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.
Kikker jou drafskoene op vir ʼn goeie saak
So, waarvoor wag jy? Dra jou plakker met trots en tooi hierdie Vrydag jou drafskoene volgens jou persoonlike smaak op, alles ten bate van ʼn welsynsorganisasie wat jou na aan die hart lê.
James Bond-legende sterf
Sir Roger Moore, wat bekendheid verwerf het vir sy rol as James Bond, is in die ouderdom van 89 oorlede.
10 sakpas-naweekwegbreke naby Gauteng
As jy moeg is vir die stad se gedruis, ure se gesit in die verkeer en e-posse wat onophoudelik instroom, is ’n vinnige naweekwegbreek nét die ding om jou siel te verkwik. Met dié lekker lys sal dit nooit weer nodig wees om ’n naweek tuis deur te bring nie.
Mengsel van jonges en toetsspelers in SA A-span
Dis ʼn mengsel van ʼn paar ervare spelers met die res wat werklike nog in die ‘opkomende klas’ van Suid-Afrikaanse spelers val wat Allister Coetzee-hulle vir die SA A-span se twee wedstryde aanstaande maand teen die Franse Barbarians gekies het.
Piet Byleveld op sterfbed: Familie vra privaatheid
Oudbrig. Piet Byleveld is steeds in ʼn ernstige toestand in die Life Wilgeheuwel-hospitaal in Roodepoort nadat kanker in Maart vanjaar by hom gediagnoseer is.
Zuma mag nie meer by Cosatu-geleenthede praat
Die vakbondfederasie Cosatu het pres. Jacob Zuma verbied om van nou af by enige van sy geleenthede te praat.
Bylmoorde: ‘Henri se wonde nie dieselfde as res van gesin nie’
’n Forensiese kenner het in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig daar was ’n “sterk kontras” tussen Henri van Breda se wonde en die beserings wat die res van sy gesin opgedoen het.
Die wêreld in foto’s – 23 Mei 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.