Taaltoffie ondersoek die uitdrukking, “As die jakkals die passie preek, moet die boer die ganse oppas”
Alles vir Dinsdag 23 Mei 2017
[Resep] Appel-en-piesangmuffins
Appel, piesang, kaneel en vanielje. Dit is omtrent ʼn lekker aroma wat jou kombuis gaan vul. Om ʼn resep vir ʼn soet bederf te kry met min of geen suiker in nie, kan soms nogal moeilik wees.
Brande by twee hospitale in KZN
Brandbestryders het hul hande vol gehad om twee brande onder beheer te bring wat in twee afsonderlike voorvalle by hospitale in KwaZulu-Natal uitgebreek het.
Nuuskommentaar: Aardbewings (of gebrek daaraan) laat ons kopkrap, soos politiek
By hoeveel plekke in Suid-Afrika is die foutlyne aan die lostorring, en wag eintlik net vir die vonk in die kruitvat?
Nóg lyke in myn gevind, ‘leier’ vas
Talle mans is vir ondervraging ingeneem en daar is ook beslag gelê op kospakkies wat glo aan die myners verkoop of afgelewer sou word. Van die kos was byna verrot.
Vandag se sportnuus
Die Springbokgroep vir die drie toetse teen Frankryk in Junie word vandag bekendgemaak.
Is dit ʼn teken van Bokke se rommelstatus?
Wie sou ooit kon dink dat die All Blacks en die Bokke ʼn toets in Nieu-Seeland in een van die land se kleiner stadions speel.
Man langs snelweg geskiet
ʼn 58-jarige man is Maandagaand langs die N2 in Durban geskiet nadat sy voertuig onklaar geraak het.
Rower ontsnap uit beskuldigdebank
Die beskuldigde het só vinnig uit die hof verdwyn dat hy weg was voordat iemand besef het wat gebeur het.
[Video] Talle sterf in ontploffing tydens konsert
Ooggetuies van die voorval het vertel hoe mense ná die ontploffing huilend en skreeuend uit die arena gehardloop het.
Die saak oor godsdiens in skole raak almal
Of ʼn mens kinders op skool het of nie, die saak sal ons almal raak, want dit gaan die wyse waarop die breër samelewing in die land funksioneer, ingrypend bepaal. Die uitspraak in hierdie saak sal die koers aandui.
Cyril Ramaphosa is gʼn messias
Die ANC kan vir homself dalk nog tyd koop deur vir Ramaphosa as sy leier in Desember aan te wys, maar Suid-Afrika met enige ANC-leier aan die stuur gaan die verloorder wees. Ramaphosa is geen uitsondering nie.
Gedagte vir die dag: God sal vir jou ’n toekoms gee
Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders, my seën op jou nakomelinge. (Jesaja 44:3)