Die tiende seisoen van dié gewilde reeks hou talle verrassings in. Minki van der Westhuizen, wat weer as aanbieder te sien gaan wees, beantwoord al jou vrae oor die jongste Boer soek ʼn vrou-reeks.
Alles vir Woensdag 24 Mei 2017
Vandag se sportnuus
Die Springbokgroep van 31 spelers vir die drie toetse teen Frankryk is bekend gemaak. Warren Whiteley is as kaptein aangewys en is die 58ste Springbokkaptein. Daar is agt nuwelinge in die span
Nuuskommentaar: Gaan Zuma dié keer oorleef?
Gaan diegene in die ANC se NUK wat die land se belange bo dié van pres. Jacob Zuma stel die naweek die knoop deurgehak kry en met ’n mosie van wantroue van hom ontslae raak, of gaan Zuma se vermoë tot middernagtelike wraak (al breek dit die land) weer eens ’n stokkie hiervoor steek?
[Resep] Tamatiesop met hoenderfrikkadelle en spaghetti
Van Ouma tot Kleinboet sal smul aan dié tamatiesop.
SA Pray-veldtog: ‘Menslike planne kan SA nie meer red’
“Kan jy dink hoe die samelewing gaan verander as 100 mense só bid? Ons as Christene gee weer hoop aan die mense rondom ons.”
TV-evangelis se verblyfstatus in SA betwis
“Hy het vyf geleenthede gehad om te ontsnap, maar het teruggekom. Daarom is hy nie ʼn vlugrisiko nie.”
Afrikaans: Soeke na regte wat Grondwet verleen
Beteken die Grondwet dan níks vir die regters nie? Het Afrikaanssprekendes dan géén taalregte nie? Is die ANC se politieke narratief dan vir regters meer bepalend as die Grondwet?
‘Wit mense moet wegbly by byeenkoms oor grond’
“Wit mense moenie na die imbizo kom nie, tensy hulle kom om ons grond terug te gee. Ons is baie kwaad. Ons kan nie hul veiligheid waarborg nie.”
SA burgers is ‘uitgelewer aan misdadigers’
“As die minister van polisie Suid-Afrika ontwapen, sal dit daarop neerkom dat hy misdadigers alleen sal bewapen wat gewone burgers totaal weerloos sal laat en misdaad skerp sal laat toeneem.”
Mites van ekonomiese groei
“Wat die ANC-regering bedoel wanneer hy “groei wil aanjaag” is gewoonlik om belastinggeld op onder meer geliefkoosde regeringsprojekte te bestee of om sekere bedrywe en ondernemings in die mark aan te spoor.”
Stilbly beteken … jy stem saam
“Die woorde wat ons teenoor mekaar gebruik, beteken iets. Ons het die keuse om op te staan en te praat wanneer ons sien dat onreg teenoor iemand gepleeg word, of om stil te bly.”
Gedagte vir die dag: Jy sal ook aan Hom behoort
Die een sal sê: “Ek behoort aan die Here,” en homself ’n nakomeling van Jakob noem. (Jesaja 44:5)
KZN-liga: Hillcrest storm onstuitbaar voort
Hillcrest Villagers storm onstuitbaar voort in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Eerste Liga (Suid).
KZN-liga: albei kampioene steeds onoorwonne
Albei die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se senior kampioene en Goue Bekerspanne is steeds onoorwonne met die eerste ronde van die Premierliga wat einde se kant toe staan.