Westerse leiers wat ernstig is oor vrede in die Midde-Ooste en goeie verhouding tussen die Weste en Moslemlande sal eerder gematigdes in Iran moet ondersteun en met meer kritiese oë na Saoedi-Arabië moet kyk.
Alles vir Vrydag 26 Mei 2017
Superrugby: Gaan dit steeds blou in Pretoria wees?
Dis sekerlik heeltemal te vroeg om te sê, maar dalk gee die Bulls reeds Saterdag ʼn vroeë aanduiding van die winde van verandering wat daar op Loftus Versfeld kan waai met die aanstelling van die Nieu-Seelander John Mitchell as hoof van afrigting.
Adjunkminister ontvoer: Vier vas
Thabang Makwetla, adjunkminister van justisie en korrektiewe dienste, en twee veiligheidswagte is Sondagaand ontvoer en later in ʼn veld naby Brits in Noordwes afgelaai.
Nuuskommentaar: Staatskaping, korrupsie en geld wat weg is
Oor of Suid-Afrika reeds ’n mafiastaat is, is daar meningsverskille.
Ma waarsku ná driejarige ‘verlam’ raak
“Ek voel aaklig dat ek dit nie vroeër opgemerk het nie, maar ek sou nooit gedink het om vir so iets te soek nie. Ek is net bly ons het haar vroegtydig hospitaal toe gevat.”
Vandag se sportnuus
Die Proteas het in hul eerste Eendagkragmeting teen Engeland ʼn groot loesing gekry.
Maimane toegang tot Zambië geweier
Maimane het Vrydagoggend beskryf hoe hy en sy kollegas op die lughawe hardhandig deur die Zambiese owerhede hanteer is.
Sakeman op plaas doodgeskiet
ʼn Gautengse sakeman is Donderdagaand op sy plaas oos van Pretoria doodgeskiet.
Graad R-kinders begin te gou lees en skryf, meen kenners
Anienie meen kinders in graad R en graad RR se perseptueel-motoriese vaardighede word tussen vyf- en sesjarige ouderdom ontwikkel deur spelaktiwiteite soos boomklim, balskop en trampolienspring. Wanneer kinders nie genoeg van dié aktiwiteite beoefen nie, kan dit moontlike nagevolge inhou vir die toekoms.
Moordverdagte, vriend vas toe hulle glo beampte wou omkoop
Twee mans is vas ná hulle glo ʼn beampte wou omkoop om ʼn moorddossier te laat verdwyn.
[Foto’s] Vier dood ná skietgeveg met polisie
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel is twee voertuie langs die pad aangetref.
‘Spur-mense het gepraat, nie ek nie’ – Dirk Hermann reageer
“Wat ek aan jou oordra, is hoe mense voel. My ope brief aan jou het nie die gevoel begin nie; dit het die gevoel verwoord.”
[Resep] Beesstertsop
As jy nog nie weet wat jy en jou gesin dié naweek gaan eet nie, is beesstertsop die perfekte keuse.
DStv Media Sales moet R180 m. opdok
DStv Media Sales is Donderdag ʼn boete van R180 miljoen opgelê nadat die maatskappy erken het dat hy die Mededingingswet oortree het.
Een dood, tien beseer in Witbank-botsing
Gespesialiseerde toerusting moes gebruik geword het om sommige van die slagoffers, onder wie ʼn 13-jarige seun, te bevry.
Vermiste Pta-tiener gevind
Marchain Mulder, die 17-jarige meisie van Pretoria wat vir sowat twee weke vermis was, is Donderdag gevind.
Gedagte vir die dag: Geloof maak sout en lig van jou
Julle is die sout van die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie. (Matteus 5:13–14)