“Ondanks die feit dat rook mense as’t ware doodmaak, veroorsaak dit ook onder meer kanker, hart- en respiratoriese siektes. Alles kan vermy word as mense net ophou rook.”
Alles vir die maand Mei 2017
Gedig: Om boer te wees
“O om ʼn boer te wees wat werk met sy hande in die son die liewe, lange dag…” Lees WEG Louw se gedig, “Om boer te wees”
Vriend vas vir moord op albino-vriendin
Haar naakte liggaam is op 26 Mei in bosse in die Ndlabeyilandula-area in KwaMbonambi opgespoor.
Man vas wat glo kind (11) verkrag, vermoor
Die 44-jarige man wat glo ʼn 11-jarige meisie van Cullinan, oos van Pretoria, verkrag en vermoor het, is in hegtenis geneem.
[Foto’s] Dié rokkies wil sy beslis nié dra…
Dit is vreeslik gerieflik om inkopies aanlyn te doen, maar daar is sommige dinge wat liefs nie oor die internet bestel moet word nie. Hier…
Daar is nie meer plek vir poeding nie
Verbeel ek my, of is daar bitter min belangstelling vir die komende reeks van drie toetse tussen die Springbokke en die Franse?
Ouers gewaarsku teen onwettige, onveilige karstoeltjie
Duisende ouers wêreldwyd het volgens die verklaring reeds dié stoeltjie – wat ʼn groot veiligheidsrisiko is – aangeskaf.
Kinders ernstig beseer toe hulle besige pad oorsteek
Twee kinders is deur ʼn bakkie getref toe hulle ʼn besige pad probeer oorsteek het.
Taxi’s veroorsaak chaos in Durban
Nooddienste in Durban het Woensdag hul hande vol gehad om by ongelukstonele uit te kom, motoriste moes erge verkeer verduur en duisende pendelaars is gestrand gelaat weens ʼn taxi-staking in die stad.
Prokureur in hof oor ‘diefstal’ van POF-geld
Die prokureur van Tzaneen in Limpopo is van die prokureursrol geskrap nadat die beweerde diefstal aan die lig gekom het.
[Foto’s] SA Bike Festival ʼn groot fees
Die South African Bike festival, wat van 26 tot 28 Mei by Kyalami gehou is, was ʼn groot trekpleister vir motorfietsgeesdriftiges van reg oor die land.
Boek: Op vlerke van geloof
In “Op vlerke van geloof” breek Riekert Botha die Woord oop sodat ons Jesus – die kern van ons geloof – werklik kan leer ken.
Guptas, ministers aangekla
Hulle word beskuldig van verraad, korrupsie en rampokkery ingevolge die sogenaamde staatskaping.
Nuuskommentaar: Fisiologie van ’n rampokkerstaat
Korrupsie is nou so endemies in Suid-Afrika dat die ANC se steun daal, en veral sigbaar daar waar dit met pres. Jacob Zuma verweef is. Maar alle beweerde korrupsie kan nie na Zuma toe herlei word nie – daar is om elke hoek en draai iemand wat konkel.
Man sak ineen ná aanval, sterf by huis
“Hulle het verduidelik dat hy ongeveer ʼn blok van sy huis af aangeval is en toe huis toe gehardloop het waar hy ineengestort het.”
Briewe uit Bagdad: Die aankoms
“En dit is nie net van ry nie, want oral is padblokkades en beheerpunte en dan moet mens nog die paaie vermy waar daar pas ʼn bom-aanval was. Daar word met ouens op die radio gepraat in Afrikaans en daar word presiese roetes met aankomstye beplan en deurgegee…” Lees Koos Greeff se tweede brief uit Bagdad.
[Resep] Tjaart se pot
Daar is niks soos ʼn smaaklike potjie op ʼn wintersdag nie…
Kragtige ontploffing ruk Kaboel, minstens 50 dood
Minstens 50 mense is Woensdag dood en 150 beseer in ʼn bomontploffing in die Afgaanse hoofstad, Kaboel.
Vandag se sportnuus
Die Franse Ope se derde dag is gister op Roland Garros afgehandel.
Waar daar nie rook is nie, is daar nog vuur?
Tabakvrye Wêrelddag vind plaas op 31 Mei. Die skade wat tabak veroorsaak, word wyd verkondig en slegs enkele van die skrikwekkende statistieke word hier genoem. Op hierdie dag alleen sal meer as 13 000 mense wêreldwyd sterf as ʼn direkte gevolg van tabak.