“Die diere is baie soos my twee seunskinders – hulle het ʼn liefde-haat verhouding.”
Alles vir die maand Mei 2017
[Foto’s] Gemakstoel met ʼn skop
Die Harley Davidson Street Glide het ʼn hele ent gegaan om sy misvatting oor Harleys te weerlê, skryf Brian Cheyne.
Wit mense in Suid-Afrika skrikwekkend minder
Wit mense maak tans ’n beraamde 8% van die totale Suid-Afrikaanse bevolking uit. Voortgesette veroudering en toenemende emigrasie kan die persentasie tot tussen 1 en 3% laat daal. Bloot wat die ekonomie betref, sal die implikasie hiervan ingrypend wees.
Rasgeweld in sepie skok
Kykers is hewig ontsteld oor dié ‘rassisme’ en het glo die sepie by die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) verkla.
[Foto’s] 1 dood, 1 gewond en 2 vas ná gewapende roof
ʼn Sekuriteitswag van ʼn private sekuriteitsmaatskappy het eiehandig een verdagte doodgeskiet, een gewond en twee in hegtenis geneem nadat hy toevallig ʼn gewapende roof by ʼn restaurant gesien het toe hy op pad was na ʼn kliënt.
Afrikaanse skrywer sê hoekom hy selfmoord pleeg
In ʼn verklaring wat Karel Schoeman, die Afrikaanse skrywer van Bloemfontein wat Dinsdagoggend sy eie lewe geneem het, aan sy prokureur gestuur het, skryf hy onder meer oor die rede agter sy besluit en ook hóé hy sy eie lewe wil neem.
Gauteng-aansoeke verloop glad
Volgens die Gautengse departement van onderwys is 32 000 graad 1- en graad 8-leerlinge al Dinsdag suksesvol via aanlyn aansoeke ingeskryf.
Pta-onnie stort voor klas ineen, sterf
ʼn Onderwyser aan ʼn Pretoriase hoërskool het Dinsdagoggend voor leerders in ʼn klaskamer ineengestort en gesterf.
13 in Wes-Kaap huis geskiet, 3 dood
“Die voorval is inderdaad vreemd. Die polisie is besig om alle moontlikhede te ondersoek.”
Geliefde Afrikaanse skrywer pleeg glo selfmoord
Volgens sy prokureur het hy ʼn tyd gelede ʼn verklaring van die skrywer ontvang waarin hy vertroulik bekendgemaak het hy wil selfmoord pleeg. Hy het glo die moontlikheid van “verhongering” oorweeg, maar “ʼn sin in die verklaring blyk dat hy ʼn ander uitweg gevind het”.
[Foto’s] Elf dragtige koeie opgekap
“Van die koeie wie se kele nie afgesny is nie en wat lewend opgekap is, se tonge was middeldeur gebyt. Hierdie koeie is mak, as jy nou naby hulle kom skrik hulle vir jou; ons het ʼn hele span mense nodig om hulle in die kraal in te jaag.”
Daar is geen verskonings vir rugbyspelers nie
Aanhouer wen.
Vyfde eksminister bedank
Rejoice Mabudafhasi, voormalige adjunkminister van kuns en kultuur, het ook as ANC-LP bedank.
Vyf vas wat kluis in kerk wou opblaas
Die verdagtes was onder die indruk dat daar kontant en Krugerrande in dié kluis was.
Parys-boere: Verhoor begin
Die verhoor van die ses mans wat aangekla word van die moorde op twee vermeende plaasaanvallers sal vandag in die hooggeregshof in Parys in die Vrystaat begin.
Uitdrukking: In die sewende hemel wees
Taaltoffie stel ondersoek in na die spreekwoord “in die sewende hemel wees”.
Afrikaanse sanger ‘wag vir toetsuitslae’; siektestryd duur voort
“Hy is vir eers ontslaan. Ons wag egter nog vir die finale uitslae van die toetse voordat ʼn beslissing gemaak kan word,” het die sanger se bestuurder gesê.
Spoedvrate jaag oor ‘laat’-redes
Vyf spoedvrate is Maandag deur die Ekurhuleni-metropolisie aan die Oos-Rand aangekeer nadat hulle in digte mis die spoedgrens op ʼn snelweg oorskry het.
Nuuskommentaar: Afjak vir Zuma: Beleef ons nou rollende massa-aksie?
Die uitjouery van pres. Jacob Zuma in Bloemfontein en die gelyktydige soortgelyke teenspoed wat twee van sy vernaamste handpoppe, Jesse Duarte en Baleka Mbete, op Werkersdag op die lyf geloop het, laat dit lyk of rollende massa-aksie teen Zuma momentum kry.
Coligny-moordsaak: Twee vandag in hof
Die twee mans wat tereg staan op ʼn aanklag van moord in verband met die dood van ʼn 16-jarige seun in Coligny in Noordwes sal vandag in die Coligny-landdroshof verskyn.