ʼn Bekende Kaapstadse drawwer is in die vroeë oggendure dood ná ʼn tref-en-trap-ongeluk in Belvedere-weg in Claremont.
Alles vir Dinsdag 6 Junie 2017
Wat ouers moet weet oor buitemuurse aktiwiteite
Besige kinders is nie ʼn nuwe tendens nie. Vir generasies al neem kinders deel. Daar is egter ʼn fyn balans tussen baie besig maar nog steeds gesond wees en baie besig maar ongesond wees. Gielie Hoffmann gee ‘n paar riglyne.
[WEN] Schalk Bezuidenhout in Atterbury-teater
As jy middel-Junie tydens die langnaweek jouself in Jan Tuisbly se karretjie bevind het jy drie geleenthede om Schalk Bezuidenhout, die krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies, te sien optree in die Atterbury-teater in Pretoria.
Verwag nóg misdaad
Radikale ekonomiese transformasie beteken in al 11 landstale blykbaar net een ding en dit is vat wat jy nie op ʼn ander manier kan kry nie.
Verkoolde lyk in kattebak gevind
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn verkoolde lyk Maandag in die kattebak van ʼn uitgebrande motor in Oos-Londen gevind is.
Die wêreld in foto’s – 6 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Hoe om voor te berei vir die tronk
Toe Lily* (12) een middag ná skool deur haar tannie, eerder as haar ma opgelaai is, het sy gou besef wat gebeur het…
Suid-Afrika nou in resessie
Suid-Afrika is in ʼn resessie nadat die bruto binnelandse produk (BBP) vir twee agtereenvolgende kwartale ingekrimp het.
[Foto’s] Nege sterf in gru-botsing
Nege mense is Dinsdagoggend in ʼn gru-botsing in Limpopo dood.
Staalaanleg staan op uit die stof
Highveld Steel in Witbank (Emalahleni) skakel vandag vir die eerste keer sedert die enorme afleggingtragedie in 2015 ʼn gedeelte van die aanleg aan.
[Foto’s] ‘Gyselaarsdrama was terreur’
ʼn Dodelike gyselaarsdrama wat Maandagaand in ʼn woonstel in Melbourne, Australië, afgespeel het, word deur die plaaslike polisie as ʼn terreurdaad beskou.
Pta-man glo weer slagoffer van sekswerkers
Die Pretoriase polisie ondersoek twee sake van motordiefstal nadat ʼn jong man van die stad glo in twee afsonderlike voorvalle deur sekswerkers besteel is.
Vrou kraam op stasie toe hospitale haar glo weier
ʼn Vrou het geboorte geskenk op die vloer van Park-stasie in Johannesburg nadat twee hospitale haar glo weggewys het.
Uitdrukking: Die hele rataplan
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “die hele rataplan”
Vrystaat-student sterf onverwags in Turkye
ʼn Ingenieurstudent van die Vrystaat wat aan ʼn universiteit in Turkye studeer het, het Saterdag in raaiselagtige omstandighede in dié land gesterf.
Pinetown-ongeluk: Trokeienaar se lot bekend
ʼn Vragmotor van Sagekal Logistics het in September 2013 teen Field’s Hill (M13) afgery gekom en in vier taxi’s en twee motors ingeploeg nadat die remme onklaar geraak het.
Nuuskommentaar: Katar-isolasie gaan gevoel word
Die omvattende isolasie waarin verskeie Arabiese lande hul klein, maar invloedryke buurman, Katar, geplaas het, het reeds ’n rimpeleffek elders in die wêreld.
10111 se personeel gaan staak
Personeellede van die polisie se 10111-noodlynsentrum begin Dinsdag met ʼn staking om salarisverhogings te eis.
Gruvonds buite Pta-landgoed: Moontlike verbinding gemaak
Die Gautengse polisie het ʼn moontlike verbinding gemaak nadat drie verkoolde liggame Maandagoggend in ʼn veld buite ʼn spog-gholflandgoed in Pretoria gevind is.
Vandag se sportnuus
Die Franse Ope se negende dag is gister op Roland Garros afgehandel.