Die skrywer en dramaturg dr. PG du Plessis is Woensdagmiddag in die ouderdom van 82 oorlede.
Alles vir Woensdag 7 Junie 2017
KZN-liga: Hillcrest soos stoomroller oor Mets
Die onoorwonne voorloper Hillcrest Villagers is Saterdag in versengende hitte soos ʼn stoomroller oor die derde geplaaste Durban Mets in die Suidelike Afdeling van die…
[Foto’s en video] Dit lyk byna of dit sneeu op Melkbosstrand
ʼn Maroela Media-leser het dié pragtige foto’s ingestuur.
Staking dreig by binnelandse sake
Vakbonde dreig dat personeel by die departement van binnelandse sake binnekort kan staak indien daar nie aan hul eise voldoen word nie.
[Video] Man verlam ná kleinhoewe-aanval: ‘Ek sukkel elke dag van my lewe’
“Die mens wat sê dit raak beter wanneer jy verlam is, lieg. Dit raak nie beter nie. Ek het nie net die vermoë om te loop verloor nie, ek het ook die vermoë verloor om vir my familie te sorg.”
Druk ons ons jong sportlui te vroeg ryp?
Dis een van daardie debatte waaroor daar tot laatnag gestry word … word jong kinders te vroeg in sport ryp gedruk.
[Video] Hap saam met Lochner: Ma Vytjie se frikkadelle
Hierdie is die eerste in ’n reeks video’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, gaan publiseer. Hierdie resepvideo’s sal weekliks op Maroela Media gepubliseer word. Hierdie week berei Lochner Ma Vytjie se frikkadelle voor. -Red
Blues wys die Leeus wat nog vir hulle voorlê
Dis miskien te gou om te oordeel, want die Britse en Ierse Leeus is nog besig om elke toerlid speelkans te gee, maar hulle sal na die neerlaag Woensdag teen die Blues in Auckland wéét wat vorentoe wag.
SA resessie: Ekonomie betaal die prys vir politieke onstuimigheid
Ekonome is dit eens dat Suid-Afrikaanse verbruikers hulself sal moet staal vir onstuimige ekonomiese waters.
Franziska se moordenaar gevonnis
Howard Oliver (27) is Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad vir die moord op en verkragting van die 16-jarige Franziska Blöchliger gevonnis.
‘Wonder Woman’ ‘n wenner by die loket
Die superheldfilm Wonder Woman maak nie net skoonskip by die loket nie, maar het ook ander mylpale bereik.
[Foto’s] Bekendstelling: Dié Hyundai’s het rissies geëet…
My eerste indrukke is dat Hyundai hul sokkies al baie hoog teen die gehaltebeen opgetrek het, en hul waarborg is markleidend, skryf Brendon Staniforth.
Kaders se korrupsie
Die kernwoord is die gebrek aan verantwoordbaarheid. In die Suid-Afrika van 2017 is dit waarskynlik te veel gevra.
Briewe uit Bagdad: Die blyplek
“Bagdad is ʼn reuse plek – ek skat so groot soos die Kaapse Skiereiland of amper. Maar daar stop dit, want dis plat en dis lelik.” Koos Greeff kom by sy blyplek in Bagdad aan.
Indië lanseer satelliet van meer as drie ton
Indië het daarin geslaag om ʼn reuse-satelliet van meer as drie ton te lanseer.
Eks vas vir Pta-vrou se verkragting
Die ekskêrel van ʼn 22-jarige vrou van Centurion is vandeesweek in hegtenis geneem nadat hy haar glo by haar huis met ʼn mes gesteek en verkrag het.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 6 Junie 2017
Op die gesogte nommer een-posisie maak Liezel Pieters plek vir Elvis Blue met “Die Brug”, wat ook die titel van sy nuwe album is.
Geen boodskappe as jy met iPhone bestuur
Apple gaan met sy nuwe iOS 11-bedryfstelsel ‘n nuwe veiligheidsfunksie bekend stel wat keer dat jy kennisgewings ontvang terwyl jy bestuur.
Man glo drankie ingegee voor hy ontvoer is
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê dit kom ná ʼn 65-jarige man op 1 Junie as vermis aangemeld is nadat hy nooit huis toe gekom het ná werk nie.
Mediese sorg in die ruimte
Mediese sorg vir ruimtereisigers het onlangs aan die beurt gekom in ’n werksessie wat deur die Europese Ruimte-agentskap aangebied is.