College Rovers het Saterdag ʼn belangrike deurbraak in sy verdediging van die Moorbeker gemaak, en Newcastle Highlanders het sy eerste sege vanjaar in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga gesmaak.
Lees meerAlles vir Sondag 11 Junie 2017
Proteas maak groot skande; uit Kampioene-toernooi
Die Proteas het Sondag in hul laaste groepwedstryd om die Kampioenebeker teen Indië groot skande gemaak en met agt paaltjies teen Indië slae gekry.
GLRU-liga: Wanderers en Unie vang die oog
Wanderers en Unie se vertonings het die oog in die jongste ronde van die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks (PGU) gevang.
Nadal se tiende Franse Ope-titel ʼn Grand Slam-rekord
Die Spaanse kleibaankoning, Rafael Nadal het Sondag sy tiende Franse Ope-titel ingepalm deur Stan Wawrinka in skoon stelle met 6-2, 6-3, 6-1 te klop.
Pasgebore baba in asblik gevind
ʼn Pasgebore babameisietjie is Sondagoggend in ʼn asblik buite ʼn winkelsentrum in Kelvin, Woodmead, gevind.
Jaguars wen uiteindelik die titel ná vierde eindstryd
Uiteindelik het die Noord-Gautengse Jaguars dit reggekry.
Wayde draf SA 200 m-rekord in Jamaika kis
Wayde van Niekerk, Suid-Afrika se wêreldrekordhouer in die 400 m, het Saterdag die Suid-Afrikaanse 200 m-rekord by ʼn byeenkoms in Jamaika verbeter.
Knysna-brande: Dodetal styg
James-Brent Styan, woordvoerder van die minister van plaaslike regering en omgewingsake, Anton Bredell, het Sondag laatmiddag gesê die driejarige seuntjie wie se liggaam Woensdag in ʼn uitgebrande gebou in Welbedacht gevind is, se ma is ook dood.
Mathews Phosa aanvaar ANC-nominasie
Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal van die ANC, het Sondag in Khayelitsha die nominasie om as president van die ANC te staan, aanvaar.
Standard Bank skenk reusebedrag vir Wes-Kaap
“Mag die geld ʼn bietjie verligting bring aan diegene wat geraak is deur die brande. In sommige gebiede gaan hele gemeenskappe hervestig moet word, my enigste hoop is dat die geld ʼn verskil sal maak.”
Twee 17-jariges vasgetrek vir moord op ‘verkragter’, ma
In die eerste geval was die verdagte na bewering op pad na ʼn kuierplek toe ʼn man haar wou verkrag. Sy het terugbaklei, hom oorrompel, ontwapen en doodgesteek. In die tweede geval het ʼn meisie haar ma doodgeskop.
Man (84) sterf ná aanval terwyl hy bid
Die polisie in Standerton in Mpumalanga is op soek na twee verdagtes wat ʼn bejaarde man aangeval het terwyl hy bid.
Agt toeriste beseer in Kaapse Kasteel
Agt volwassenes en vier kinders is beseer ná ʼn stroom water onverwags deur een van die tonnels by die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad gevloei het.
Redelik goeie prentjie van kwarteind gevorm
ʼn Redelike goeie prentjie van die spanne in die kwarteindronde van die Supersportreeks kan sedert Vrydag en Saterdag se rondomtalie-kragmetings gevorm word.
Geliefde Batman-akteur sterf
Hy was die gesig agter die ikoniese Batman-masker in die TV-reeks, Batman, in die 1960’s.
Tiener sterf ná steekwond in bors
ʼn Tiener (17) is Sondagoggend dood aan hartstilstand ná hy in die bors gesteek is met ʼn skroewedraaier.
Knysna-brande: Nóg ʼn lewe geëis
James-Brent Styan, woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het gesê vyf ander mense is ook in ʼn kritieke toestand met ernstige beserings na ʼn hospitaal gehaas.
[Foto’s] ‘Veedief’ se planne in die wiele gery
Al die beeste is deur hul eienaars uitgeken en teruggeneem plaas toe.
Zuma ‘diep bekommerd’ oor Wes-Kaap
“Die presidensie neem kennis van ʼn aanlyn berig waarin daar staan Zuma sê Knysna in die Wes-Kaap is nie sy probleem nie. Hierdie berig en die vermeende aanhaling is vals.”
Gedagte vir die dag: Nie gedrag nie, maar karakter
Alles wat die Fariseërs doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. (Matteus 23:5)