Intussen laai spanning in die gronddebat op en dit lyk nie of daar pleistertjies in die omtrek is nie. Inteendeel, die woord “burgeroorlog” oor dié kwessie het in die parlement ter sprake gekom en ’n groot storm ontketen.
Alles vir Woensdag 14 Junie 2017
Maak jou finansies só resessie-vry
Geldkenners deel uitstekende raad en wenke om vinnig jou finansies agtermekaar te kry en dalk sommer ʼn ekstra geldjie te begin verdien.
Foto’s van ma se een dag saam met seun voor sy sterf
Hoewel die geboorte goed verloop het en die paartjie verheug was om hul nuweling uiteindelik vas te hou, was die vreugde van korte duur.
Pta-bejaarde helder oordag in huis beroof
ʼn Bejaarde vrou van Centurion is Dinsdag helder oordag by haar huis deur twee mans oorval en beroof.
Gedig: Die seemeeu
“Wat sing die see? Wat kla die wind? Wat roep die meeu? Wat snik die hart aaneen alleen?” Uys Krige se gedig, “Die seemeeu”
Ma ook vas ná peuter sterf
Die ma en stiefpa van ʼn 18 maande oue seuntjie is in hegtenis geneem nadat die peuter vandeesweek in Kaapstad dood is.
Vandag se sportnuus
In die mededinging om die IKR se Kampioenetrofee word die eerste halfeindwedstryd vandag gespeel.
Boek: Ontdek jou lewensdoel
Ontdek jou lewensdoel gee nie vir jou ’n lys van dinge wat jy moet doen om ’n goeie man te wees nie. Dit help jou om jou hart en die passie wat God in jou geplant het, weer te ontdek. Só kan jy die lewe leef wat spesiaal vir jou beplan is.
[Resep] Ham-en-kaastertjies
Dié ham-en-kaastertjies is ʼn smaaklike opsie vir ʼn laat-ontbyt.
Polisiebestuur oor die kole gehaal oor kontrakte
“Hierdie ondersoeke is nie afgehandel nie want vriende beskerm vriende en dit is ʼn misbruik van posisies.”
Hof hoor Kersdag-plaasaanval was beplan
Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom die twee het voorheen by die huis op die plaas ingebreek om hulself met die huis en sy inhoud vertroud te maak voordat hulle later teruggekeer het om die plaasaanval uit te voer.
Moordverdagte vas ná maande op vrye voet
ʼn Man wat maande lank deur die polisie gesoek is in verband met ʼn moord en ʼn motorkaping is Dinsdag by ʼn pensioenuitbetalingspunt in Mpumalanga in hegtenis geneem.
Gedagte vir die dag: Die Koning van harte
Nadat Jesus gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was. (Johannes 11:6)