Die polisie in Limpopo doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 40-jarige beampte van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) sy vrou en ma geskiet het voor hy sy eie lewe geneem het.
Alles vir Vrydag 16 Junie 2017
Tel jou woorde: Fopnuus
Toe die inskrywing verlede jaar ingekom het, was ek opgewonde oor die woord. Dit was oulik, beskrywend, dit val lekker op die tong, en almal gaan dadelik verstaan wat dit is. “Fop” is dan so ʼn lekker woord, met ondertone van poetsbakkery en grapmakery. Ná die afgelope twee weke het my ingenomenheid met die term beduidend getaan…
Lindie Strydom: Die held in jou
Dis die geveg wat die held en sy dapperheid en die veggees in hom laat opstaan!
Gigaba versoek Zwane om reaksie oor Mynbou-handves te hanteer
Malusi Gigaba, minister van finansies, het Donderdag erken dat die nuwe Mynbou-handves kritiek uitgelok het en hy het gesê hy hoop dit sal nie die ekonomie verder laat verswak nie.
Knysna-slagoffers: Organisasies fokus op langtermynbehoeftes
“Dringende behoeftes is reeds aangespreek, maar die gemeenskap gaan in die lang termyn ondersteuning benodig.”
[Tekenprent] Nuwe groei ná verwoestende brande
Ná die verwoestende brande in die Knysna-gebied was dit verstommend hoe die gemeenskap en die land die slagoffers ondersteun en as’t ware ʼn sterker gemeenskap gebou het.
Nuuskommentaar: Nuuskommentare en die jeug
Is nuuskommentare net vir “ou” mense, of kan die jeug ook hieraan meedoen? Herman Toerien ontleed die situasie, en is van mening dat dit nodig is dat jong mense op groot skaal behoort deel te neem om hul eie opvattings met dié van die jeug te meet. Die jeug moet immers mettertyd die aflosstokkie oorneem.
SAID onderskep renosterhorings ter waarde van R6 miljoen
Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het nog ʼn verdagte sak met 28,76 kg renosterhoring, ter waarde van R6 miljoen, by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep.
AfriForum Jeug vier nie vanjaar Jeugdag nie
Die burgerregte-organisasie AfriForum Jeug verduidelik waar hy vanjaar nie Jeugdag vier nie.
[Resep] Rooikerrie-gemarineerde biefsosaties
Op ʼn vakansiedag moet daar gebraai word! Hierdie sosatie-resep is ʼn treffer.
Eiendomseienaars versoek om te reageer oor grondonteiening
Eiendomseienaars word versoek om te reageer op regulasies wat bepaal hoe eiendom deur die staat vir die doel van grondonteiening gewaardeer gaan word.
Bal aan die rol gesit om staatsdiens se pensioenfondse te beskerm
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het onderneem om oorweging te skenk aan ʼn voorstel van die VF Plus om deur wetgewing meganismes in plek te stel om die staatsdiens se pensioenfondse teen stroping te beskerm.
Gedagte vir die dag: Ons is vol sonde
Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is. (Lukas 19:10)