Die agsteman van die Junior Springbokke, Juarno Augustus, is Sondag na afloop ban die o.20-Wêreldkampioenskap in Tbilisi, Georgië aangewys as die speler van die toernooi.
Lees meerAlles vir Sondag 18 Junie 2017
Bulls klop Cheetahs, wen Wêreld-klubtienetoernooi
Die Bulls het Sondag die Beachcomber-Wêreld-klubtienetoernooi in Mauritius gewen toe hulle die Cheetahs in die eindstryd met 26-7 geklop het.
Pumas sterk in wedloop; Boland in snelrat
Die Pumas het hulle Saterdag sterk gevestig in die wedloop om die kwarteindronde van die Supersportreeks te haal; en die sukkelende Boland het skielik sy snelrat gevind.
Junior Bokke klop óók die Franse en beklink derde plek
Die Junior Springbokke het soos hulle ouboete gemaak toe hulle Sondag in Tbilisi vir Frankryk ook met 37-15 in die o.20-Wêreldkampioenskap in die uitspeel om die derde plek geklop het.
SAL skuld vermoedelik miljarde in lenings
Berigte Sondag dat Standard Chartered Bank geweier het om sy leningsfasiliteit met die SAL te hernu en dat die terugbetaling van dié lenings geëis word, is moontlik net die oortjies van die seekoei en die regering sal moontlik moet pa staan vir die rekening, het die DA gesê.
Waarnemende afdelingskommissaris van misdaadintelligensie aangestel
Genl.maj. PM (Pat) Mokushane is as die waarnemende afdelingskommissaris van die polisie se se misdaadintelligensie-afdeling aangestel.
Vegskip-botsing: Vragskip het glo U-draai gemaak
Die soektog na sewe Amerikaanse matrose wat verdwyn het nadat hul vegskip met ʼn vragskip naby die Japannese kus gebots het, is afgelas nadat verskeie liggame Sondag in die skip se oorstroomde kompartemente gevind is.
Dodetal styg skerp ná Portugal-brande
Die dodetal is aangepas ná ‘n verwoestende veldbrand in sentraal Portugal.
Zwane het nie Indië-reis verklaar nie, sê DA
Die Demokratiese Alliansie sal die openbare beskermer versoek om ondersoek in te stel nadat Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, vermoedelik die Vrystaatse wetgewer mislei het toe hy versuim het om ʼn reis na Indië te verklaar wat deur die welgestelde Gupta-familie betaal is.
Staking duur voort by Gauteng-lykshuise
Die Gautengse departement van gesondheid moet streng optree teen forensiese beamptes wat onwettig staak en ʼn dringende hofbevel moet teen die onwettige stakers bekom word, het die DA Sondag gesê.
16-jarige sterf ná sy van kwadfiets af val
ʼn 16-jarige meisie is Saterdag in Nelspruit dood nadat sy van ʼn kwadfiets afgeval het.
Vadersdag: Bekendes praat oor herinneringe, lesse
Nederigheid, die waarde van goeie maniere en om onselfsugtig vir ander om te gee – dís maar enkele van die grootste lesse wat bekendes soos Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld en Jak de Priester by hulle pa’s geleer het.
[Video] Koedoe trek kameelperd plat by dieretuin
Gesinne by die Rotterdam-dieretuin in Nederland het bietjie nader kennis gemaak met die natuur as gewoonlik, toe ʼn koedoe ʼn kameelperd in een van die hokke aangeval het.
Agterkleinkind vier die “moeder” van Vadersdag
Al ooit gewonder waar “Vadersdag” vandaan kom? Hier is die verhaal.
DA verwelkom MRK se verdoemende verslag oor KZN-onkologiediens
Die DA het Saterdag die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se verklaring dat die verslag oor KwaZulu-Natal se onkologiekrisis afgehandel is en binnekort gepubliseer sal word, verwelkom.
Man vas oor Mandrax-tablette
ʼn 44-jarige verdagte is in Lentegeur in Kaapstad in hegtenis geneem waar polisiebeamptes beslag gelê het op 400 mandrax-tablette.
[Foto’s] Verskeie matrose se liggame gevind ná vegskip-botsing
Duikers van die Amerikaanse Vloot het ʼn aantal liggame Sondag gevind aan boord die USS Fitzgerald wat Saterdag met ʼn vragskip gebots het naby die kuslyn van Japan. ʼn Woordvoerder het egter gesê nie al sewe van die vermiste matrose is al gevind nie.
Bom by winkelsentrum in Colombia
ʼn Tuisgemaakte bom wat in ʼn vrouebadkamer geplaas is, het Saterdag deur een van die besigste winkelsentra in Colombia se hoofstad geruk.
25 sterf in Portugal-brande
Minstens 25 persone is in sentraal Portugal dood, meeste van hulle in motors, toe ʼn veldbrand oor ʼn pad beweeg het.
Gerugte oor beurtkrag is fopnuus, sê Eskom
Eskom het Saterdagaand boodskappe op sosiale media verwerp dat beurtkrag Sondag sal plaasvind.